Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie

Thomas Ferreira

Die ongeluk waarin Thomas Ferreira ernstig beseer is was ʼn “gewone ongeluk” en moenie verpolitiseer word net omdat daar ’n bloulig-voertuig betrokke was nie, het die LUR vir plaaslike regering en behuising Humphrey Mmemezi gesê.

Mmemezi het aan Beeld gesê Ferreira is ’n bewys dat wonderwerke nog gebeur. Mmemezi se ampsmotor het Ferreira op 5 November verlede jaar van sy motorfiets afgery in Krugersdorp. Ferreira was vir lank in ʼn koma na die botsing en sterk steeds aan by ʼn rehabilitasiesentrum. Mmemezi wou egter nie veel aan die koerant sê oor die ongeluk en waarom hy dadelik deur sy lyfwagte van die toneel verwyder is nie aangesien dit steeds deel uitmaak van die polisie se ondersoek. Hy het wel bevestig dat Ferreira se motorfiets die passasierdeur waar hy gesit het, getref het en dat hy beserings aan sy linkerbeen opgedoen het. Mmemezi sê egter dat daar jaarliks sowat 14 000 mense op die land se paaie sterf en dat dié ongeluk ʼn “botsing nes enige ander botsing was en nie verpolitiseer moet word omdat daar ʼn bloulig-voertuig betrokke was nie.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.