Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal

Thomas Ferreira. Foto: Facebook

Die dossier van die ondersoek na die LUR vir behuising, Humphrey Mmemezi, se motorbestuurder wat glo die 18-jarige Thomas Ferreira omgery het, is aan ʼn senior staatsaanklaer oorhandig, het die polisie Donderdag gesê.

“Die dossier is Dinsdag aan die senior staatsaanklaer oorhandig. Dit hang nou van die hof af of hulle met die saak wil voortgaan,” sê lt.kol. Katlego Mogale. Ferreira is in November in Krugersdorp beseer to Mmemezi se amptelike voertuig in sy motorfiets vasgery het. Die bestuurder van die voertuig, Semitsi Modomai, het Mmemezi vervoer en het sy blou ligte aangeskakel om deur ʼn rooi verkeerslig te ry voor hy in Ferreira vasgery het. Polisie het op 9 November bevestig dat ʼn saak van onverskillige of nalatige bestuur reeds teen Modomai aanhangig gemaak is.

Gauteng premier Nomvula Mokonyane het in daardie tyd publiek belowe dat die tiener se mediese onkostes gedek sal word. “Ek het gister ʼn e-pos aan die gesin gestuur en ʼn geskikte vergaderdatum versoek,” het Mongazi Mnyani, hoof van Gautengse behuisingsdepartement, Donderdag gesê. “Die besonderhede van die vergadering wil ons graag eers met die gesin bespreek,” het hy gesê. Mnyani sê die departement het op 23 Desember nog geen betalings vir Ferreira se mediese onkostes gedoen nie. Hulle sal saam met die gesin ʼn oplossing vind. Die koste van Ferreira se rehabilitasiesentrum beloop ongeveer R120 000 per maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.