Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree

Thomas Ferreira. Foto: Facebook

Die gesin van Thomas Ferreira, wat verlede maand deur ʼn LUR se ampsvoertuig raakgery is in Krugersdorp, is verheug oor sy vordering.

EWN berig dat Ferreira Woensdag daarin kon slaag om sy naam te skryf met sy linkerhand. Intussen berig Beeld dat Ferreira ook gister sy eerste tree gegee het sedert die ongeluk amper twee maande gelede. Ferreira se pa, Paul, sê hy het ook begin sluk. Ferreira is op 12 Desember uit die Krugersdorp-hospitaal ontslaan en in die Riverfield Lodge-rehabilitasiesentrum opgeneem. Hy is verlede week weer in die hospitaal opgeneem nadat hy ʼn infeksie opgedoen het. Hy sal na verwagting later die week of vroeg volgende week weer na die rehabilitasiesentrum oorgeplaas word. Paul sê sy seun se mediese onkostes beloop reeds R500 000. Die rehabilitasiesentrum se kostes beloop glo nagenoeg R120 000 per maand. Die gesin het tot dusver geen hulp ontvang nie.

Ferreira is op Saterdag 5 November op sy motorfiets onderweg na Randfontein deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery. Hy is na die hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein. Die bestuurder van die voertuig, Semitsi Modomai, het Mmemezi vervoer en het glo die motor se bloulig aangesit om ʼn rooi verkeerslig oor te steek toe hulle teen Ferreira gebots het.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annatjie Sandrock ·

Dankie Heer, vir genade en liefde, vir U hier wees vir hierdie gesin….wil U verder met hom stap op sy pad na volkome herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.