Boelies dwing glo seun om urine te drink

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Ma het die Gautengse departement van onderwys beskuldig dat hulle nie daarin slaag om haar seun te beskerm nie, nadat boelies hom glo gedwing het om sy eie urine te drink.

Die seun (16) het geen ander keuse gehad nie as om na ‘n ander skool te gaan nadat hy glo aanhoudend by Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark geboelie is, het die Sowetan Donderdag berig.

Die ma het aan die koerant gesê ʼn groep boelies het haar seun glo onlangs ʼn “k***r” genoem, al sy klere uitgetrek, gevra wat ʼn “k***r” in ʼn wit skool maak en hom daarna gedwing om sy eie urine te drink.

ʼn Vergadering is ná die voorval “in Afrikaans” met die skool se beheerliggaam en ‘n beampte van Sedibeng munisipaliteit gehou. Die vergadering is tot 3 Oktober uitgestel omdat die ma ʼn vertaler moet vind.

Volgens die ma het die seun sedert die voorval probeer om selfmoord te pleeg.

Johan Venske, die skool se hoof, is genader vir kommentaar, maar hy het alle navrae na die provinsiale departement van onderwys verwys.

Gershwin Chuenyane, die woordvoerder van die departement, het gesê ʼn onafhanklike taakspan is aangestel om die saak te ondersoek.

Die ma het ook ʼn saak van aanranding by die Vanderbijlpark-polisiestasie aanhangig gemaak.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

a.lombard ·

Die boelies is ‘n produk van ouers die boeliering goed praat en ook die neerhalende woorde gebruik.

Ons veg vir Afrikaans, hierdie kind kon die taal ‘n hupstoot gegee het, geen mens het die reg om enige persoon sy eie urine te laat drink nie, dit is die swakste verwysing na ons Afrikaans sprekendes, weereens word ons van brute rassisme beskuldig.

Om die saak te skik MOET DIE BOELIES UIT DIE SKOOL GESIT WORD hierdie aksie maak ons vir die buite wereld WIT MONSTERS

Laat die Ouers na die skool kom konfronteer hulle met die opvoeding van hulle kinders

Daar moet altyd by ons Blankes ‘n mate van Ordentlikheid bly.

Jan Volskenk ·

Meneer Lombard,

Ek vind die voorgeval ook gladnie goed en tot standaard nie.
Maar ek dink jy moet nou mooi praat voor jy die Afrikaner se naam hier in sleep.

Daagliks moet ons kinders hoor hoekom van hulle ouers nie werk het nie en hoe hulle famielie en vriende gekaap en vermoor word.

Ek is nie seker van jou ouderdom nie, maar ek is seker jy en alle afrikaners wat die kaans gehad het in die 70 en 80s moes vir ons taal en mense op gestaan het toe daar ‘n geleentheid was voor julle die land net maklik oorhandig het. Maar nee toe wou jy mos ordentlikheid handhaaf ! en nou ?

Jyt nie eintlik ‘n idee wat om jou aangaan nie het jy ? Uit die 45 miljoen mense nou in ons land is daar tussen 3 – 5 miljoen Afrikaners oor, en nie lank nie gaan daar geen meer afrikaners oor wees nie a.g.v mense soos jy wat net heeldag ordentlik probeer wees.

Een of ander tyd gaan die Afrikaner kinders moet begin plan maak vir hulle eie toekoms want as hulle dit nie doen nie gaan die Ordentlike Afrikaners soos jy dit verseker nie doen nie.

Ek dink dalk is dit vir jou ‘n goeie idee om ‘n skool te gaan oopmaak en hom “run” soos jy like en kyk hoeveel van jou ordentlike afrikaner kinders gaan na daai skool toe gaan.

Ek kan nog steeds nie sien hoe jy kan se daar moet ‘n mate van Ordentlikheid bly by Blankes nie ? staan bietjie op vir jou taal en jou mense. ‘n mens kan net solank Ordentlik bly goeie genugtig.

Amy ·

Sies!!! Daai jong wit laaties gee ons blankes ‘n slegte naam!!! Ek skaam my dood vir hulle!!!

Justi ·

Dis absoluut swak! Waar gaan ons blanke nasie heen? Word ons erger as barbare? Goeie genade ek dink hul ouers moet moet hul behoorlik straf. Die onderwysers moet daardie tipe kinders uit die skool verwyder! Nee wat te erg is is te erg!

Maggie ·

Die ouers is net so skuldig as die kinders, dit is die voorbeeld wat hul in die huis kry, baie swak, red nou ‘n land met sulke torre (Skuim).Sies ek skaam my vir hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.