Boer wat geskiet is: Seun blameer ANC-jeugliga

Johan van Rensburg (77) met sy seun, Hanno, en sy kleinseuns, ook Hanno. Foto: Beeld

Johan van Rensburg (77), die boer van Limpopo wat Woensdag vermoor is, se seun blameer die ANC-jeugliga vir die skietery.

Beeld berig woede het Donderdag in oorlogpraatjies verander na Van Rensburg, van die plaas Cosmopolite naby Baltimore in die Tolwe-omgewing, doodgeskiet en sy vrou, Glaudien (65), ernstig gewond is.

Hanno van Rensburg, die seun, het gesê die ANC-jeugliga wil boere se grond met geweld vat en oorlog maak. “As hulle wil oorlog hê, moet hulle kom, ons sal ook oorlog maak. Ek sal hulle f****n skiet. My familie se bloed lê op hierdie grond.”

Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANC Jeugliga, gaan moontlik deur die burgerregte-organisasie AfriForum van haatspraak aangekla word na aanleiding van ’n reeks uitsprake die afgelope twee weke. Lamola het volgens berigte tydens ’n lesing oor “ekonomiese vryheid” by die Durbanse Universiteit van Tegnologie jongmense aangemoedig om grond met geweld af te vat. Hy het ook vroeër in ’n TV-nuusoptrede te kenne gegee dat die Jeugliga nie “die Van Tonders en die Van Der Merwes se veiligheid kan waarborg” wanneer die jeug ongeduldig raak en hulle grond van wit eienaars terugneem nie.

Hanno het gesê uitsprake soos Lamola s’n hits mense aan om plaasmoorde te pleeg. Hy moes Donderdag sy ouers se bloedbesmeerde slaapkamer skoonmaak.

“Vir wat kon hulle nie net gesteel en my ouers gelos het nie?” Net vuurwapens is tydens die aanval gesteel.

Hy het gesê sy pa is van naby in die sy geskiet. Gloudien, is langs haar man in die bed geskiet. “Die een koeël is deur haar mond, nog een agter haar oog en die derde een deur haar nek. Ons wag nou om te kyk of die Here haar vir my pa wil gee en of hy haar vir ons gaan los,” het Hanno gesê.

Vyf mans is vroeg Donderdagoggend in verband met die voorval ondervra, maar is later vrygelaat. Kolonel Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die mans word nie met die moord verbind nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Sien die volledige berig hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre Nienaber ·

Die opdrag vanaf TLU is dat ons gereed moet maak . Die donnerse goed sal aanhou .Ons kan nie bekostig om meer van ons mense te verloor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.