Boer wat glo tiener op plaas aanrand pleeg selfmoord

Flippie Engelbrecht en sy ma

Flippie Engelbrecht en sy ma

Johnny Burger, ʼn boer van Rietvallei buite Robertson, wat daarvan beskuldig is dat hy ʼn werknemer, Flippie Engelbrecht (19) só aangerand het dat hy blind en met epilepsie gelaat is, het glo Dinsdagoggend selfmoord gepleeg.

Engelbrecht was 15 jaar oud toe hy en sy pa glo in Januarie 2010 aangeval is. Tydens die vermeende aanval het sy kop glo ʼn wyntenk getref en hy is later blind gelaat en het epileptiese toevalle begin kry. Engelbrecht het gebrand toe hy tydens ʼn epileptiese toeval in ʼn vuur beland het en albei sy hande moes daarna geamputeer word. Lees meer hier.

Burger en ʼn medebeskuldigde was besig met ʼn hofgeding in verband met die aanranding.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Waarom het die boer die 2 aangeval ?

***

Glo en vertrou Maroela sal ons van die feite voorsien soos dit bekend raak.

Naal de Koker ·

KAAPSTAD – ’n Vooraanstaande boer van een van die oudste wynplase in die Breëriviervallei moet Woensdag in die hof op Ashton verskyn weens die beweerde aanranding van ’n 15-jarige seun meer as vyf jaar gelede.

Johnny Burger van die bekende Rietvallei-wynlandgoed buite Robertson en sy plaasbestuurder, Wilhelm (Dozi) Treurnicht, word daarvan beskuldig dat hulle Flippie (Tollas) Engelbrecht erg aangerand het.

Burger ontken dit en sê dit is deel van ’n “propagandistiese kwaadstokery met ’n politieke bymotief”. Burger sê soortgelyke aanklagte is reeds in 2008, kort ná die beweerde voorval, deur die plaaslike staatsaanklaer teruggetrek.

Die jongste aanklagte en dagvaarding volg op ’n video wat deur Carina Papenfus van The Freedom Trust, ’n organisasie wat hom vir plaaswerkers se regte beywer, op YouTube geplaas is waarin Engelbrecht van die beweerde aanranding op hom vertel. – Rapport

Trippie ·

Dankie Naaltjie ;)

Enige iets gekoppel aan die naam “Carina Papenfus” STINK ! Wit vrou gebore in die verkeerde velkleur !

Naal de Koker ·

wou jou maar net wys…. ja-nee! stem 100% saam met jou hier. Haar van is net verkeerd gespel….hehehe

Willy ·

Geskrap van die prokureursrol maar stel haarself nog voor as ‘n prokureur. Verstaan daar is ‘n hangende saak by die Prokureursorde.

Willy ·

Iets moes seker herhaaldelik gebeur het dat iemand so buite weste kwaad raak.
Of iemand treiter. Daardie tipe handeling speel al ‘n lang tyd saam.

Knormoer ·

Ek voel vreeslik jammer vir die man. Hy was seker so geviktimiseer deur die blikskottels op sy plaas, en ek glo ook deur van sy eie volk ook. Ons hou mos van klippe gooi en kan mos nie bymekaar staan nie.

Ons hoor ook net die een deel van die storie oor die aanranding en nie die anderdeel ook nie. As die man hom aangerand het, moes daar ñ rede gewees het. Wat?

Ek’t ook gehoor Flippie het sy sig verloor tydens ñ operasie wat verkeerd geloop het, nou word daar verkondig hy’t sy sig verloor as gevolg van die aanranding.

Sterkte aan die familie.

Vas Vat ·

Simpatie aan die Burger familie.Daar was n ruk terug n berig wat beweer het die flippie karakter is n dronklap,en blykbaar het hy verbrand toe hy sterk onder die invloed van drank was ???

WaarheidBo ·

Sy is nie blank nie. En is inderdaad ‘n heksejagter. Me Papenfus is besig met blanke vervolging en baie trots daarop – sy is ‘n rassis in die volle betekenis van die woord. Gaan loer gerus op FaceBook waarmee sy besig is en ook spog oor haar ‘prestasies’ en ander ook aanhits. Kyk wat het sy geplaas op FB (ek het sit gou daar gaan kry…):

Carina De Vries Papenfus

15 hours ago.

We have received confirmation that Johnny Burger, accused of assaulting #Flippie, shot and killed himself at 08h30 this morning.

This is not the end of the case though. Justice will prevail.

3Share.

3 people like this..

Vince Booys A microcosm of why a rash of family murders occurred after 1994 in South-Africa amongst mostly conservative ‘Whites’.

15 hours ago..

Dignity SA I’ve tried for a few minutes now to find the right words, but they elude me… Condolences to his loved ones firstly, and yes, justice would still need to run its course.

15 hours ago..

Katlego Make I feel no mercy for that thing may god be with Flippie at all times

14 hours ago via mobile..

Malinda L Miller Carina maar nou hoor ek dis Johnny Burger se seun wat selfmoord gepleeg het?

7 hours ago via mobile..

Carina De Vries Papenfus Nee Malinda, die polisie het bevestig dis ‘n 62-jarige.

5 hours ago · 1..

Malinda L Miller Nou moet arme Flippie vir die res van sy lewe blind en sonder hande deurgaan en die boer het die maklike uitweg gekies.

5 hours ago via mobile..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.