Boere bied hulp aan

Argieffoto

Argieffoto

Boere in die Wes-Kaap sal voer aan die droogtegeteisterde dele in die Noord-Kaap en Noordwes skenk, het Gerrit van Rensburg, provinsiale LUR vir landbou, Dinsdag gesê.

Hy sê boere in die provinsie het die afgelope paar jaar goeie oeste gehad en wil boere help wat sukkel om hul vee aan die lewe te hou. “Ons het ʼn oorvloed hooi om te skenk, maar dit is moeilik om dit in groot vragte te vervoer,” het Van Rensburg gesê.

Transnet het intussen ʼn trein beskikbaar gestel om voerskenkings van dorpe soos Swellendam, Caledon, Malmesbury en Porterville op te laai. Die voer sal dan gratis na behoeftige gebiede vervoer word.

Van Rensburg doen ʼn beroep op boere en landbou-organisasies om ook betrokke te raak. “Ons wil die logistiek in Januarie finaliseer, en hopelik sal die hulp teen einde Januarie die twee provinsies bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize Mans ·

Dankie Wes Kaap,dat hulle die Boere help wat se Diere so swaar kry.Dit is n riem onder die hart dat daar nog mense is wat omgee.
Nogmaals dankie,Die Here seen hulle.

Ria Maritz ·

Nogmaals ‘n bewys, in tyd van nood, KAN EN SAL DIE BOERE HANDE VAT !

Baie dankie aan elke boer in die Wes-Kaap, ons het elke boer in die land nodig !

Geseende Kersfees ook aan julle en geliefdes.

Marietjie ·

Ek vra asb hullp. Waar kan ek in kontrak tree met Gerrit van Rensburg, provinsiale LUR vir landbo . Sal dit baie waardeer. Kan dalk help met beplanning vir water – waar damme opdroog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.