Boeremusiek-legende sterf

Foto: www.boeremusiekgilde.co.za

Die Boeremusiek-legende Nico van Rensburg is Sondagoggend in die ouderdom van 76 oorlede.

Lydia van Rensburg sê haar man is Sondagoggend in 1 Militêre Hospitaal aan hartversaking oorlede. Sy sê Nico het Saterdag ʼn hartaanval gehad en is in die hospitaal opgeneem. “Ons was vir 10 jaar saam en dit was die beste tyd van ons lewens. Dit is baie moeilik om iemand soos dit te verloor.” Lydia sê haar man se begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

Van Rensburg was veral bekend vir die Nico van Rensburg-boereorkes wat vroeër weekliks op Maak ʼn las op SABC2 te sien was. Hy was ʼn gesoute konsertinaspeler en het verskeie toekennings ontvang in sy loopbaan van meer as 50 jaar waaronder ʼn South African Music Award (SAMA) vir beste boeremusiekalbum.

Van Rensburg se eerste vrou, Annatjie, is in Desember 2001 in die badkamer van die egpaar se huis in Eldoraigne met ‘n skietwond in die kop gevind. Sy is ʼn paar uur later in die 1 Militêre Hospitaal dood. Sy het aan ʼn spiersiekte en depressie gely.

http://youtu.be/reJ5sbaRr5c

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mariette Hammann ·

Innige meegevoel aan sy familie en vriende. SA het ‘n groot gees verloor!

Annatjie ·

Ons Innige Simpatie met die afsterwe van Nico, Mag ons Hemelse Vader in hierdie moeilike tyd van row by elkeen van jul as famielie en vriende wees.

Van Die Zoet gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.