Brits-betoging eis nog ʼn lewe

Argieffoto

Argieffoto

Nog ʼn inwoner van Mothutlung naby Brits wat vir skoon water betoog het, is dood nadat hy glo uit ʼn bewegende Njala-pantservoertuig geval het.

“Die man en ʼn vriend is Dinsdag in hegtenis geneem weens publieke geweld, en is in die Njala geplaas,” het kol. Sabata Mokgwabone, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

“Die Njala was op pad na die polisiestasie toe. Een man kon daarin slaag om te ontsnap, die ander man het probeer ontsnap en uit die bewegende voertuig geval en gesterf.”

Volgens Mokgwabone is die situasie in die omgewing kalm en die polisie patrolleer die gebied.

Maandag is twee betogers vermoedelik deur die polisie tydens ʼn skermutseling doodgeskiet.

Lees ook:
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Meneer ·

Huh? Geval?? Hy het gespring!!! Hy het dan probeer ontsnap, nie waar nie?!

Eben ·

Sabata Mokgwabone vertel ons hoekom was die Njala nie gesluit gewees? …. Jy sê toe val hy uit en sterf, sommer net so? Het hy nie dalk probeer ontsnap en toe rand die polisie hom aan en so erg dat hy weens die beserings gesterf het? Mmmmmm klink vir my meer na die regte weergawe.

Ons wag vir die ooggetuies om te vertel wat gebeur het. Verstaan jy hoekom ons nie die polisie vertrou?

amelia ·

sien op sabc 2 hul is bereid om te betaal vir water Hoekom nou eers? Ons moet nog altyd betaal vir water As hulle ook betaal het vir hul water sou dit dalk nie n probleem gewees het nie of sou daardie geld ook net “verdwyn” het Nee jammer geen simpatie met enige van hulle nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.