Bronkhorstspruit-onluste: Biblioteek en huis ook afgebrand

Die polisie is op hoë gereedheid. Foto: Twitter

Die polisie is op hoë gereedheid. Foto: Twitter

ʼn Biblioteek van die Tshwane-metro en ʼn huis is Dinsdag in die vroeë oggendure afgebrand deur ontstoke inwoners van die Zithobeni- informele nedersetting buite Bronkhorstspruit, oos van Pretoria. Dit volg nadat betogers Donderdag die plaaslike polisiestasie en ʼn munisipale gebou ook aan die brand gesteek het.

“Die voorval het vanoggend om 03:00 plaasgevind. Niemand is beseer nie,” het Johannes Japhta, ʼn woordvoerder van die Gautengse polisie, gesê.

Hy sê drie mense was in die huis toe dit aan die brand gesteek is, maar hulle kon daarin slaag om ongedeerd te ontsnap.

Japhta het gesê dit is nog nie bekend of die persoon aan wie die huis behoort ʼn beampte van die Tshwane-metro is nie, maar die eienaar was voorheen ʼn lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Hy sê die biblioteek is heeltemal verwoes. Twee sake van brandstigting word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hetenis geneem nie.

Hy het gesê teen Dinsdagmiddag was die situasie in die omgewing steeds gespanne maar stabiel.

Die betogers het verlede week begin betoog oor swak dienslewering. Hulle het daarop aangedring om ʼn memorandum met hul griewe aan die burgemeester van Tshwane, raadslid Kgosientso Ramokgopa, te oorhandig.

Die inwoners sou glo Donderdag met die burgemeester van Pretoria vergader het, maar was ontsteld nadat hy na bewering nie vir die vergadering opgedaag het nie.

Die betogers sê die munisipaliteit vra hulle te veel geld vir dienste, en dat hulle al die afgelope drie weke sonder water en elektrisiteit moet oorleef.

Lees ook:
Video: “Ons is al ‘n week sonder krag”
Foto: Betogers brand Bronkhorstspruit-polisiestasie af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eugenie ·

Brand sommer alles af tot daar niks oorbly nie. Indien ek een maand in gebreke bly om my rekening te vereffen is afsny my voorland. Betaal soos elke ander gebruiker en maak dan aanspraak op water en elektrisiteit.

Anoniem ·

Is nie net die swart mense wat daaronder lei nie, daar is arm blankes ook, Ons self sit al 3 weke sonder krag agv hoe en verkeerde kragrekeninge, Hoe kan n gewone huishouding se W & L meer as R6 000 n maand wees! As hulle vir almal pre paid meters insit sal dit beter gaan en dalk minder griewe veroorsaak, Bronkhorstspruit val onder Tshwane, maar ons word nie dieselfde behandel as Tshwane distrik se mense nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.