Klagtes van strafbare manslag is voorlopig laat vaar teen ‘n minibustaxibestuurder wat bergfietsryer Burry Stander glo doodgery het.
“Die saak teen Njabulo Nyawose is in die Port Shepstone-landdroshof teruggetrek terwyl daar gewag word op ‘n uitspraak deur die direkteur van openbare vervolging,” het Natasha Ramkisson, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal, gesê. Nyawose staar ‘n klag van strafbare manslag of ‘n alternatiewe klag van roekelose of nalatige bestuur in die gesig.
Stander (25) is op 3 Januarie oorlede toe ‘n minibustaxi hom getref het terwyl hy in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus fiets gery het.
Stander het aan twee Olimpiese Spele deelgeneem. In 2011 het hy die eerste Suid-Afrikaner geword om die Cape Epic te wen, saam met sy Switserse spanmaat, Christoph Sauser. Die twee het hul titel in 2012 verdedig.
Lees ook:
Argus-titels aan Burry opgedra
Video: Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Burry-gaping glo onprakties
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vry
“Ek is lief vir jou”
Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende bergfietsryer doodgery