Ceres-kinderverkragtings: Verdagte deur polisie ondervra

Die polisie van Ceres het laat Maandagaand ʼn man in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn vier maandeoue babadogtertjie en ʼn sewejarige seuntjie op ʼn plaas in Ceres in die Wes-Kaap.

Maroela Media het Maandag berig die baba en seun is oor die naweek wreed verkrag. Daar is aanvanklik berig dat die twee slagoffers ʼn boetie en sussie was, maar die polisie het intussen gesê die kinders is nie verwant nie. Die babadogtertjie is in die Rooikruis-kinderhospitaal opgeneem waar sy rekonstruktiewe chirurgie ondergaan het en waar sy nog vir ʼn lang ruk sal bly.

Ná die voorval is ʼn identikit van die verdagte deur ooggetuies saamgestel. Die polisie het ʼn spesiale taakspan, wat uit verskeie eenhede van die polisie bestaan, saamgestel om die wrede verkragting te ondersoek. Die polisie het onderneem dat hulle alles in hul vermoë gaan doen om die skuldige aan te keer.

Die man word steeds deur die polisie ondervra, maar is nog nie amptelik aangekla nie. Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die man in die foto om met sersant Martin January by 023 316 8500 in verbinding te tree.

Lees ook:
Babadogtertjie, boetie verkrag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sylvia ·

ek sal sy DING af sny as ek hom in die hande kry n ding wat pla moenie daar wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.