Landdros Kirro Pillay het Singh, 24, onder streng borgvoorwaardes vrygelaat en aangedui dat daar “uitsonderlike omstandighede tot sy betrokkenheid in die aanklag” is. Staatsaanklaer Gerrie Nel het die borg nie teengestaan nie, ten spyte van die erns van die klagtes wat teen Singh aanhangig gemaak is. Hy is beveel om elke Woensdag- en Sondagaand by die polisiestasie in Hercules in Pretoria aan te meld. Hy mag ook nie, direk of indirek, kontak maak met die drie staatsgetuies nie. Singh moet weer op 17 Januarie in die hof verskyn. Henning, 26, is op 8 November deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet kort nadat sy haar seuntjie, Benjamin, by ʼn kleuterskool in Manitobarylaan in Faerie Glen, Pretoria, afgelaai het.
Vir ʼn volledige tydlyn van die gebeure rondom Henning se moord klik hier.