Nico Henning, wat van die moord op sy vervreemde vrou Chanelle Henning beskuldig word, sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-streekshof verskyn.
Die hof sal na verwagting uitspraak lewer in sy aansoek om borgtog.
Henning staar aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg in die gesig.
Chanelle (26) is in November 2011 doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ʼn kleuterskool in Faerie Glen, Pretoria, afgelaai het.
Henning het Vrydag aan die hof gesê hy is bereid om borgtog van R5 miljoen te betaal. Sy prokureur, Piet van Wyk, het gesê sy kliënt is nie ʼn vlugrisiko nie.
Henning se vriend, Andre Gouws (49) en voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, Ambrose Monye, is onlangs skuldig bevind op hul aandeel aan die moord. Twee ander mans, Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord.
Lees alle berigte wat met Chanelle Henning verband hou, op Maroela Media.