Chanelle Henning-saak: “Nico is nie ‘n vlugrisiko nie”

Chanelle Henning

Chanelle Henning

Nico Henning se prokureur het Vrydag in die aansoek om borgtog gesê sy kliënt is nie ‘n vlugrisiko nie.

Die aansoek om borgtog is in die Pretoria-streekshof uitgestel en uitspraak sal na verwagting Dinsdag gelewer word. Henning is in hegtenis geneem in verband met sy vrou, Chanelle, se moord.

Chanelle (26) is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Nico Henning se vriend, Andre Gouws (49) en Ambrose Monye is onlangs skuldig bevind op hul aandeel in die moord. Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord.

Gouws het, voor sy vonnisoplegging kon begin, aangedui dat Nico Henning hom R1 miljoen aangebied het om Chanelle te vermoor. Gouws het op sy beurt Monye gehuur om die aanval te reël en Monye het Du Plessis en Pieterse as die twee sluipmoordenaars gehuur.

Die motief vir die moord was glo dat Nico toesig kon bekom oor sy seuntjie wat nou ses jaar oud is.

Nico het intussen aangedui dat hy in staat is om R5 miljoen te betaal indien hy op borgtog vrygelaat word. Sy prokureur, Piet van Wyk, het gesê sy kliënt is nie ‘n vlugrisiko nie. Hy hou vol sy kliënt het geen familie oorsee nie en wil nie as ‘n voortvlugtende leef nie. Hy wil glo ook nie sy seuntjie verlaat nie.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het egter aangevoer Henning het geen ontsag vir die wet nie. Nel sê Henning, ‘n voormalige advokaat, het onwettig sy vrou se selfoonstate bekom en het probeer om kringtelevisiekameras in haar huis te installeer. Hy het Henning veroordeel dat hy nie aan die polisie gesê het dat Gouws ‘n paar weke voor die moord ‘n motorfiets aangeskaf het nie, en sy vrou is toevallig vermoor deur twee mans op ‘n motorfiets. Hy hou vol Henning moet nie op borgtog vrygelaat word nie.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rondom Lelik ·

Die man verdien om in die tronk te sit. 5 miljoen, 50 miljoen of 50 sent? Maak dit moord enigsins regverdig om borg te kry. Mense met geld kry borg en die ment nie geld nie moet sit. End van die prent.

Johann ·

Wat probeer jy sê? Die naweek het nou eers begin en jy skryf al klaar of die kwyl by jou mondhoeke uitdrup. Die naweek lê nog voor, hoop nie ons sien jou weer nie.

Rondo Lelik ·

Johann en jy is al klaar dik gesuip. Maandag is die kop weer seer dan is dit weer die drank se skuld. Pateties
Jy sal my seker nie weer sien nie, omrede jy nie in staat sal wees nie.
As jy dieselfde Johann van Praag is, is dit nag op Maroela. TROL.

Jasper ·

Vir watter rede het hy homself gaan oorgee as hy nou borg wil hê ?

Justi ·

Ek hoop hy kry geen borg nie. Hy verdien die tronk.

Ai, Johann…..daardie opmerking is onsmaaklik sjoe. Enigeen maak n tikfout.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.