Comrades-wenner: B-monster uitslae bekend

Ludwick Mamabolo steek die wenstroop oor tydens die 2012 Comrades-marathon

Die uitslae van Ludwick Mamabolo, wenner van die 2012 Comrades-marathon, se B-monster is Vrydag bekendgemaak.

Mamabolo se B-monster het ook positief getoets vir die verbode middel metielheksaneamien, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) gesê. Mamabolo staar nou moontlik ʼn aanklag van die gebruik van verbode middels in die gesig en is heel waarskynlik sy titel as wenner kwyt. Khalid Galant, hoof uitvoerende beampte van Saids, sê ʼn verhoordatum sal nou gereël word waar Mamabolo homself teen dié aanklag kan verdedig.

Mamabolo sal maar die tweede wenner in dié wedloop se 90-jarige geskiedenis wees wat sy titel ontneem word as hy skuldig bevind sou word. Charl Mat¬theus was in 1992 die eerste nadat hy ook positief getoets is vir ’n verbode simulant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.