Comrades-wenner onskuldig verklaar

Ludwick Mamabolo

Ludwick Mamabolo, wenner van die die Comrades-marathon in 2012, is, meer as 10 maande ná hy positief getoets het vir metielheksaneamien, vrygespreek van alle dwelmaanklagte.

“Die atleet is Dinsdag in ‘n 60-bladsylange uitspraak onskuldig bevind,” het Trevor Boswell van Werksmans-prokureurs, wat Mamabolo se saak op ‘n pro bono-basis hanteer het, gesê. “Die bevinding is dat daar prosedureprobleme was in die Comrades-toetsing. Ons het 14 of 15 onreëlmatighede in die toetsingsproses identifiseer.”

In ‘n ongekende skuif in Suid-Afrikaanse atletiek, is Mamabolo in Februarie toegelaat om aan kompeterende wedlope deel te neem om ‘n inkomste te verdien en voor te berei vir vanjaar se Comrades-marathon, terwyl daar op die uitslag van die verhoor gewag is. Ná sy oorwinning in die jaarlikse ultramarathon in Durban verlede jaar het sy B-monster die teenwoordigheid van metielheksaneamien bevestig nadat sy A-monster positief getoets het vir die verbode stimulant.

Boswell het bevestig dat Mamabolo sy titel in hierdie jaar se 89km-wedloop sal verdedig. Die Comrades-marathon vind hierdie jaar op 2 Junie tussen Pietermaritzburg en Durban plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.