Daar’s glo ook perd in wildsbiltong

Argieffoto.

DNA-toetse wat Vrydag bekendgemaak is dui daarop dat veral wildsbiltong in Suid-Afrika nie ooreenstem met die spesie soos aangedui nie.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van die Wes-Kaap het verskeie DNA-toetse op biltong gedoen en bevind ʼn wye verskeidenheid van spesies doen die rondte.

“Van die 146 monster wat getoets is, het 100 daarvan spesies bevat wat nie op die verpakking aangedui is nie,” sê Maria Eugenia D’Amato, ʼn wetenskaplike. “Al die biltong wat as bees verpak was, was korrek. Altesaam 92% biltong wat as ‘koedoe’ aangedui is, het spesies soos perd, kameelperd, vark, bees en selfs kangaroe bevat,” het sy gesê. “Die kangaroe-vleis moes ingevoer wees, want die spesie kom nie in Suid-Afrika voor nie. Dit kan daarop dui dat dit doelbewus ingevoer en met opset verkeerdelik aangedui word.”

Die Nasionale Verbruikerskommisie het Donderdag gesê hulle gaan die verkeerde etikettering van vleisprodukte ondersoek en streng optree teen partye wat vleisprodukte verkeerdelik aandui.

Phumla Williams, waarnemende woordvoerder van die regering, het tydens ʼn perskonferensie gesê volgens wet mag geen party in die verskaffingsketting dienste of goedere bemark onder valse of misleidende voorstellings nie.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Stellenbosch het onlangs bevind daar is onder andere donkie-, waterbuffel- en bokvleis in die land se vleisprodukte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kevin Opperman ·

Noem die name! Hoe moet ons weet wie is die skuldiges? Watter verpakkings moet ons vermy? Gee meer inligting!

Paul Joubert ·

Kevin, dis ‘n akademiese studie. Dis nie die praktyk in akademiese studies om te “name and shame” nie, want as dit gedoen sou word, sou akademiese navorsers baie meer sukkel om samewerking te kry met hul studies.

Lees gerus hier die volledige studie – dis in ‘n oop-toegang akademiese joernaal gepubliseer. Hier is ‘n skakel daarna: http://www.investigativegenetics.com/content/pdf/2041-2223-4-6.pdf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.