De Doorns: ANC vra vir boikot van SA wyne

Die foto is deur @WutheringAngel op Twitter gelaai.

Die ANC in die Oos-Kaap het Dinsdag gevra vir ʼn boikot van Suid-Afrikaanse wyne terwyl plaaswerkers betoog vir hoër lone en beter werkstoestande in De Doorns in die Wes-Kaap.

Mlibo Qoboshiyane, woordvoerder van die ANC in die Oos-Kaap, sê mense sal die uitbuiting van plaaswerkers ondersteun indien hulle voortgaan om wyne wat in Suid-Afrika geproduseer is te koop. “Volgende keer wanneer mense wyn van die Wes-Kaap drink moet hulle weet dat hulle die uitbuiting van swart werkers ondersteun.” Plaaswerkers in De Doorns het sowat ʼn week gelede met gewelddadige betoging begin en eis ʼn daaglikse loon van R150 en beter werkstoestande. Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, bosbou en visserye, het intussen gevra vir ʼn einde aan die geweld in die De Doorns-area. “Die plaaswerkers se vakbonde sê hulle is bereid om die staking vir twee weke af te las tot ʼn oplossing vir die loondispuut gevind is.” Joemat-Petterson sê stygende kospryse en voedselonsekerheid maak dit onmoontlik vir mense om van R70 ʼn dag te leef en dat ingryping nodig is om die situasie te verbeter. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het intussen ʼn beroep gedoen op president Jacob Zuma om in te gryp. Sy het ook ʼn beroep gedoen op Cosatu om aan die gesprekke deel te neem sonder om intimidasie aan te moedig. “Dis niks minder as ʼn skande dat ʼn amptelike Cosatu verklaring aangekondig het dat Marikana na die plase gekom het nie.” Pieter Groenewald, woordvoerder van die Vryheidsfront Plus,sê die party sal die Menseregtekommissie nader oor Tony Ehrenreich, sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, se beweerde uitlatings dat daar “reeds bloed op die plaaswerkers is en indien dit nie eindig nie sal daar bloed wees op die boere van die plase.”

Lt. kol. Andre Traut, ʼn polisiewoordvoerder, sê die ergste ontwrigting kom voor in De Doorns, Ceres, Robertson, Prince Alfred en Somerset Wes. Die polisie het padblokkades, ompaaie en versperrings opgerig in die areas vir die publiek se beskerming. ʼn Polisiebeampte is gister gehospitaliseer nadat ʼn klip wat deur ʼn betoger gegooi is hom op sy kop getref het. Tien betogers is Maandag in hegtenis geneem vir openbare geweld en intimidasie. In die Witzenburg-munisipaliteit in die Wes-Kaap het stakende plaaswerkers skade van ongeveer R500 000 aangerig. Anette Radjoo, ʼn woordvoerder van die munisipaliteit, sê die plaaswerkers het veldbrande begin, plaasgewasse beskadig, bande gebrand in die strate en klippe gegooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marlene Hanekom ·

Ek laat my nie voorskryf deur enige iemand nie. Ek is nie ‘n drinker nie, maar gaan hierdie maand beslis ‘n paar bottels wyn wat van Suid-Afrika afkomstig is koop sodat ek my steun aan die boere wys.CASATO en die hele ANC regering se gat. Sterkte boere julle is in ons gebede. 777 groete

Louis Havenga ·

wat sou gebeur as baie van die boere nou sou besluit…genoeg is genoeg! wingerde en wat ook al tot niet maak en begin boer met produkte wat deur meganika behartig kan word en nie meer arbeiders op hul plase wil aanhou nie
of, hul plase verkoop (amper weggee) en Suid Afrika verlaat, (die ‘nuwe’ boere het reeds bewys hulle kan nie oorvat en aangaan met plase en produksie nie)
of wat?
Mense wat nog nooit enigeiets bereik het, of ontwerp het, of tot stand gebring het, of ontwikkel het of op hul eie vervaardig het nie….wil nou afbrand en vernietig omdat hulle wat? Hulpeloos is? Afgunstig is? Asseblief help my om te verstaan!!

Miss Knysna. ·

I wouldnt be too concerned about people boycotting S.A. Wine, the ones they are trying to reach dont drink good wine anyway, they go for plonk. Good upstanding South African’s will continue to buy and drink the “good stuff”.
Have any of these strikers been told that its the country’s economy they are messing with. Most of the grapes are for the export market and that is revenue down the drain chaps. Where are the “clever” okes sitting in parliament, surely they should now step in and tell their comrades “enough is enough”.
IF YOU HAVE EATEN TO-DAY, THANK A FARMER!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.