De Doorns: Belastinggeld vir betogings gebruik

Nosey Pieterse. Foto: Facebook.

ʼn Organiseerder van die onlangse plaaswerkerbetogings in die Wes-Kaap het befondsing van die regering ontvang.

Die Cape Times berig die Black Association of the Wine and Spirtis Industry (Bawsi) het bevestig dat hulle geld van die departement van landbou, bosbou en visserye ontvang het. Nosey Pieterse, die hoof van Bawsi, sê Bawsi en ander organisasies het verlede jaar op die departement se nie-regeringsorganisasie databasis geregistreer. Mokutule Joe Kgobokoe, hoofdirekteur van die sektor kapasiteitsontwikkeling in die departement, het gesê die regering befonds Bawsi om te help om “die regte van die weerloses” te beskerm.

In ‘n verslag wat verlede maand aan die Portefeuljekomitee vir Landbou by die parlement ingedien is, word aangedui dat Bawsi ‘n kritieke rol gespeel het om die stakende plaaswerkers te mobiliseer om “kalm te wees tydens betogings en om konstruktief by onderhandelinge met die werkgewers betrokke te wees”.

Die departement het verlede jaar R13 miljoen aan nie-regeringsorganisasies spandeer en het R16 miljoen vir vanjaar begroot.

Pieterse het gesê die fondse is gebruik om kospakkies aan families tydens die staking te versprei en om werkers te verdedig wat afgedank, of uit hul huise gesit is.

Lees ook:

 

Lees ook:
Minimumloon vir plaaswerkers tree in werking
Nuuskommentaar: Belangrike week vir Suid-Afrika
Nuuskommentaar: Zuma onder grootste druk van hy staatshoof geword het
Nuuskommentaar: Nuwe minimumlone vir plaaswerkers
Nuuskommentaar: Babelas na die wingerdgriep
“De Doorns is geen staking nie”
De Doorns: Sommige betogers werk dalk weer môre
De Doorns: Hoofweg gesluit
“Maak gereed vir grootskaalse moeilikheid landswyd”
De Doorns-onluste: Bawsi sê staking nie opgeskort nie
Betogings in die Wes-Kaap opgeskort
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekendgemaak
De Doorns: Joernaliste loop deur
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ignatius ·

Nosey is dalk slimmer as ek en jy. Hy het sy vuil vingertjies op R13 miljoen gekry laasjaar, waarmee hy kon maak wat hy wil. Dit is meer as R1.1 m per maand, oftewel meer as R1.05 miljoen/maand meer as wat ek en jy kry. Ons moet nogal werk daarvoor, en belastings daarop betaal. Hy kry dit van ons om ons te beswadder en te belieg. Cushy job vir ‘n betaalde afbreker, vernietiger, opstoker en kwaadspreker…

H J Bester ·

Opsommend kan bykans sonder teëstem konstateer word dat Staatsgeld aangewend is om ‘n betoging te finansier onder die dekmantel van hulp aan weerloses. Hoekom het die weerloses dan soveel amok gemaak, verkeer op die paaie ontwrig, geplunder en eiendomme beskadig ? Die ganse finansiering lyk verdag en verder het die hoofsaakgelastigde en sameroeper van die Staatshulp aan die weerloses, ene Nosey Pieterse, ‘n groot rol gespeel in die organisering van die betoging.

Die Departement van Landbou bluf niemand met sy verduideliking van die sogenmaamde befondsing van Bawsi nie – dis duidelik dat die betoging daaruit finansier is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.