De Doorns-boere vlug van plase

Talle boere en hul gesinne het Saterdag hul plase in De Doorns in die Hexriviervallei ontruim weens gewelddadige stakings in die gebied.

Plaasarbeiders het vroeër die week met ‘n staking begin en dring aan op hoër daglone, berig EWN. Van die betogers het die N1-snelweg blokkeer en sowat 30 hektaar wingerde afgebrand. Beamptes van die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie (KVBA) het onlangs gepoog om die geskil tussen boere en plaasarbeiders op te los.

“Boere en hul gesinne het die gebied verlaat, want jy kan jou die vlak van dreigemente indink,” het Portia Adams, woordvoerder van Agri Wes-Kaap, gesê. Sy sê beamptes probeer steeds om die saak op te los. “Dit is baie onnodig. Ons het van die begin af aangedui dat ons bereid is om gesprekke aan te knoop en om ‘n oplossing te bereik indien daar enige probleme met arbeid ondervind word.”

Plaasarbeiders, wat tans tussen R69 en R75 per dag ontvang, dring aan op ‘n dagloon van R150.

Senior regeringsbeamptes sal Saterdag vergader in ‘n poging om die geskil op te klaar. Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, doen ‘n beroep op verskeie rolspelers om tot die gesprek toe te tree. Haar woordvoerder, Palesa Mokomele, het gesê die ministers van arbeid, polisie, en provinsiale regeringsbeamptes is versoek om die vergadering by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mark ·

Die waarheid is dat R75 per dag ‘n hongerloon is en die arbeiders reg het om te staak. Geweldadig ? Nee, sekerlik nie – maar as mens hulle veroordeel dan ook die boere wat reeds jare lank hierdie onreg pleeg !

Marie ·

Mark, dit is min, maar onthou meeste van hulle kry verniet verblyf, water en ligte. Baie kry nog middag etes ook. Dan is dit nie R75 ‘n dag nie.

anita ·

Ek vind die situasie in De Doorns erg. Nogtans is die vraag ? hoeveel kos kan gekoop word vir ‘n gesin per dag met R75. ? Kinders gaan na skool hulle benodig klere en skoene, wat is die prys van klere en skoene bv. by PEP?
Het die boere(Nie almal nie) sportvelde of opleidingsprogramme vir die mense op die plase tot verbetering in menswaardigheid?
Vergeet van verblyf, sommige Hop huise is so klein dat geen privaatheid daar geld nie.
Hoeveel boere het Vakansiehuise aan Strand? of gaan gereeld oorsee?
Is daar tussen boer en werker ‘n kommunikasie op menslike vlak bo en behalwe net werk in die wingerd.
Is daar kinder opvang?
Hoe word die werkers vervoer? in ‘n oop oorlaaide vragmotor?
Is die boervrou betrokke by die vrouens, besprekings van probleme of opheffing?
Waarom is die werkers nie net van die Weskaap nie, volgens die TV is soveel werkers voor dien
uit ander gedeeltes van die land nou ook op plase werksaam, hierdie mense is eindelik die dryfkrag agter die opstande.
Die boere moet gaan sit en dink aan hoe dat werkers leef daagliks.
My simpatie is by die boere maar my simpatie is by die gebore Weskaap se plaaswerkers.

Paul ·

Daardie dagloon is min. Maar wat is nog minder? Geen dagloon, omdat die plaas bankrot speel…

H J Bester ·

Anita & Mark – julle betoë het wel meriete, maar is ongelukkig het die een kant van die munt. Daar moet onthou word dat die ondernemer, dit is die wingerdboer, baie belê het in sy plaas en dus die risiko van ‘n groot belegging aanvaar het. Meeste boere wat grondbesitters is het ook nie noodwendig die kapitaal beskikbaar gehad vir hul belegging nie maar moes dit gaan leen by ‘n bank. Daarenteen het die werker, was prakties mos dieselfde geleentheid het om te boer, niks belê nie maar slegs kans gesien het om sy arbeid aan die boer te verkoop.

Soos wat die boer afhanklik is vir ‘n prys vir sy produk gegrond op vraag en aanbod, so is die arbeider ook vir sy prys (loon) afhanklik van dieselfde beginsel. Wanneer daar ‘n ooraanbod van arbeid is, sal die prys noodwendig laag wees en andersom. Verder is die loon wat die werkgewer kan betaal, gegrond op die produksie (uitset van die werker) wat gelewer word – daar moet dus altyd ‘n korrelasie tusen hier twee komponente wees.

Wanneer om ‘n loon beding word, moet die byvoordele soos behuising, water, elektrisiteit, vervoer en dergelike ook in berekening gebring word. Die vergoeding is dus dalk heelwat groter as die basiese kontantloon van R75.00 per dag. Word dit in ag geneem ?

patrys ·

Ek dink indien boere gehoor gee aan die eise, moet hulmaar net in die toekom hul hande toe hou, laat die werkers self sien en kom klaar hoe hul op maand eindes in die dorp kom, geen gratis, melk, groente, vleis niks, niks behalwe hul selaris nie, Wees ook hard soos hulle. Jannie jammergat se gat nou,laat hul aan sukkel.

Brenda ·

Pragtig, Patrys!! Ek is so moeg vir mense wat net na die een kant van die munt kyk en al die ander dinge wat die boer, tot voordeel van sy plaaswerkers doen, gerieflikheishalwe verswyg. Vat weg al die EKSTRAS en VOORREGTE, wat NERENS aangeteken word nie, en basta die res!!

Clifford ·

HJ Bester het gelyk. Daar moet onthou word dat die ongeveer R75 per dag loon nie al is wat die werkers/arbeiders ontvang nie. Hulle kry gratis voedsel, gratis water en ligte, gratis verblyf en vervoer vir hul en hul kinders na die dorpe en skole. Die waardes van die “gratis dienste” moet tog ook per slot van sake bygereken word. Dit kan maklik tot R300 per dag beloop. Dus ontvang hulle ongeveer R375 in waarde daagliks. ‘n Baie goeie pakket na my beskeie mening.

Maar kom ons gestel dat die boere hul werkers R150 per dag sal betaal met nog die byvoordele daarby (R475 pe dag), dan moet die arbeiders mos ook verwag om in ‘n belasting skaal te val waar hulle moet bydraes lewer. Hieraan word nie gedink nie. Met ‘n inkomste waarde van R475 kan hulle maar hulle HOP huisies groet en hulle gratis mediese dienste koebaai roep. Dis tyd dat die grypers wat net als verniet verwag ook hulle bydraes maak aan die land se inkomstebelasting om die reeds swaar belaste mense (ongeveer 5 miljoen belastingbetalers wat vir die meer as 50 miljoen landsburgers wat nes die bakhandstaanders als gratis wil ontvang) moet sorg en aanhou gee en gee.

Die dreigende staking in die landbou was reeds so vroeg soos September reeds beplan en daaragter skuil ‘n besliste politieke motief. Baie van die “stakers” was en word steeds met busse aangery.

Koos ·

Die mense wat moeilikheid maak word met busse aangery. Die plaaswerkers is onskuldig.Zuma en sy trawante weer presies wat aangaan en doen niks om dit te sop nie. Die polisie mag nie skiet nie.Dit is “n resep vir chaos net om meer stemme vir die kommunistiese aaaanc te verkry. R75.00 per dag is meer as wat die minimum loon is wat die wet vereis.
Gee die arme werkers nog R5.00 per dag meeer . Indien hulle R150.00 per dag meer gaan kry moet hulle huur betaal vir die akkomodasie wat tans verniet is.
Almal gaan dood van hongerte indien die plase verder afgebrand gaan word en die polisie tree nie op nie.
Die aandag word geskep om dit wat in Marikana gebeur het af te weer. Moord is daar gepleeg nou word die boere weer die skaapkoppe gemaak.
Daar sal “n geween en “n gekners van tande wees ….die einde van die wereld is in sig. wees gereed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.