De Doorns: Cosatu moet alle betogers nog eers inlig oor opskorting

Staking op Ceres/Bokveld Foto deur Suretha Nieuwoudt Franken op Facebook gelaai

Cosatu sê dit gaan ʼn ruk lank duur om alle betogers in die Wes-Kaap in te lig dat die staking opgeskort is.

“Ons het ons organiseerders in talle dorpe ontplooi en ander organisasies se verteenwoordigers moet teruggaan om die betogers in te lig,” het Mike Louw, organiseerder van die vakbondfederasie Cosatu Donderdag gesê. “Ongelukkig is daar steeds betogings en die gedrag en aksie van die polisie het die situasie vererger.”

Louw sê die werkers is van Woensdag af in gebiede soos De Doorns, Robertson, Ceres, Wolseley en Prince Alfred Hamlet ingelig. Ander organisasies soos die Allied Workers’ Union, die Black Association of the Wine and Spirit Industry, Sikhula Sonke, en die Trust for Community Outreach and Education probeer ook die boodskap versprei.

“Ons poog nou om inligting in te samel en verteenwoordigers te ontplooi om die mense in kennis te stel. Ons doen ʼn beroep op die boere om toegeeflik te wees en werkers toe te laat om terug te keer, alhoewel hulle laat mag terugkeer,” het Louw bygevoeg.

Die departement van arbeid het Woensdag aangekondig dat die staking vir twee weke opgeskort sal word.

Volgens Mario Wanza, hoof van die United Democratic Front (UDF), betoog vermeende werkers steeds in Villiersdorp, Ashton en Swellendam. Hy sê daar is ook betogers in Montagu.

Die Workers’ International Vanguard Party sê hy het berigte ontvang van betogings in Villiersdorp, Grabouw, Ceres, Wolseley en De Doorns en dat van dié betogers op ʼn dagloon van R200 aandring.

AfriForum sal Vrydag ʼn taakspan na die provinsie stuur om die omvang van die onrus te bepaal. AfriForum sal Robertson, Bonnievale, Ashton, Worcester, Villiersdorp, Swellendam, Wellington en De Doorns besoek.

Lees ook:
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.