De Doorns-kinders glo “te bang” om skool by te woon

Die departement van onderwys in die Wes-Kaap het hul kommer uitgespreek oor die aantal leerders wat, weens die plaasarbeider-staking in De Doorns, nie skool bywoon nie.

Talle ouers wou, weens die gewelddadige staking, nie hul kinders die afgelope week skool toe stuur nie, berig EWN. “Afwesigheid is nog steeds hoog. Leerder-afwesigheid was Vrydagoggend tot 77% by die 10 skole in die omgewing. Vyf skole het Donderdag gesluit toe tot 86% van leerders nie vir skool opgedaag het nie,” het Paddy Atwell, woordvoerder van die departement van onderwys, gesê.

Intussen het Agri Wes-Kaap gesê hy poog om met die vakbondlede in gesprek te tree. Sy lede is glo egter gedreig en die saak is by die polisie aangemeld.

Plaasarbeiders, wat tans tussen R60 en R90 per dag verdien, dring aan op ‘n daaglikse loon van R150. Ses betogers is vroeër die week in hegtenis geneem nadat sowat 30 hektaar wingerde tydens die betogings afgebrand is.

Helen Zille het vroeër berigte afgemaak dat sy Donderdag, toe sy plaasarbeiders toegespreek het, uitgejou is en met klippe bestook is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.