De Doorns-onluste: ANC wil ‘staking’ opskort

De Doorns

Die ANC het Vrydag ‘n beroep gedoen op beweerde plaaswerkers in die Wes-Kaap dat die sogenaamde staking opgeskort moet word.

“Die ANC doen ‘n beroep op Cosatu en Fawu en Bawusa om die staking op te skort en arbeiders by te staan om onderhandelings te hervat sodat ‘n gemeenskaplike oplossing gevind kan word,” het Marius Fransman, voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, gesê. Fransman sê kriminele het die staking en gevolglike betogings gebruik om “geweld voort te sit en te plunder”. “Die ANC respekteer die reg van werkers om bymekaar te kom, maar in die lig van welwillendheid onder sommige boere en oproerige elemente wat die huidige staking kaap, versoek die ANC ‘n afkoeltydperk en ruimte vir gesprek.”

Fransman sê boere, onder die vaandel van AgriSA, moet die moontlik opskorting van die staking gebruik om met hul arbeiders in gesprek te tree. “Die staking moet eindig en ‘n blywende oplossing moet gevind word, anders kan die onbeplande gevolge aan alle kante toeneem,” het hy gesê.

Die vakbondfederasie Cosatu het aangekondig dat sommige boere ingestem het om die onderhandelings te hervat. “Die probleem is nie die minimumloon nie, maar boere wat weier om billike lone bo die absolute minimum te betaal. Dít het tot die onhoudbare geskil gelei.”

Intussen het die polisie Vrydag steeds die N1-hoofweg by De Doorns ná die geweld Woensdag en Donderdag patrolleer. Die nasionale pad, wat vir verkeer gesluit bly, was Vrydag stil. Klippe, glas en rubberkoeëldoppies het oor die pad gestrooi gelê. Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê ten minste 118 mense is tot dusver in die Wes-Kaap in verband met die betogings in hegtenis geneem.

Lees ook:
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.