De Doorns-staking: Beweerde plaasarbeider sterf, vyf beseer

Een man is Woensdagoggend in Wolseley dood en vyf ander beseer tydens ʼn betoging deur beweerde plaaswerkers.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê ʼn 28-jarige man is dood en vyf ander is beseer. “Die saak word nou deur die polisie se Onafhanklike Klagtedirektoraat (IPID) ondersoek en die polisie kan nie verdere besonderhede bekendmaak nie,” het Traut gesê. “Die man het weens polisie-aksie gesterf, maar ons kan nie verdere besonderhede oor die voorval verskaf nie.”

Moses Dlamini, woordvoerder vir IPID, het gesê ʼn ondersoekbeampte is op pad na die toneel om meer besonderhede te bekom. “Ek kan bevestig dat een persoon gesterf het. Ons het egter slegs ʼn berig dat drie persone beseer is.”

Zak Mbhele, woordvoerder vir die Demokratiese Alliansie, het gesê die party het gerugte ontvang dat ʼn boer, weens die protesaksie, in die provinsie gesterf het. Dit is egter nog nie bevestig nie. “ʼn Gerug doen die rondte dat ʼn boer deur ʼn groep betogers aangeval is en doodgeslaan is. Ons het tans nie verdere besonderhede nie,” het Mbhele gesê.

Druiweplukkers in die Hexriviervallei staak reeds meer as ʼn week lank en dring aan op ʼn dagloon van R150. Meeste verdien tans tussen R69 en R75 per dag. Die hoogste aanbod van die boere tot dusver was R80 per dag.

AfriForum het intussen ook ʼn beroep op pres. Jacob Zuma en Nathi Mthethwa, minister van polisie, gedoen om in te gryp. “Ons verwag van minister Mthethwa om die toneel persoonlik te besoek en dat die oortreders suksesvol vervolg sal word,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Lees ook:
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.