De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit

Gerugte dat ʼn boer tydens Woensdag se protesaksie in Wellington dood is, is vals.

Die boer, Tienie Crous (81) is beseer nadat hy uit sy bakkie geruk en in die gesig geslaan is, het Portia Adams, woordvoerder van Agri Wes-Kaap gesê.

Maroela Media het Woensdagaand berig dat die duisende stakende plaaswerkers Donderdag sou terugkeer werk toe, nadat die minister van arbeid aangekondig het dat onderhandelings oor ʼn nuwe minimumsalaris sal plaasvind. Taxis en vragmotors wat seisoenwerkers by die Stofland informele nedersetting by De Doorns vir werk oplaai, het Donderdagoggend egter leeg teruggekeer.

ʼn Vrugtewinkel lans die N1 by De Doorns is oornag afgebrand, terwyl die N1-snelweg langs die Stofland informele nedersetting met klippe en dromme versper is.

ʼn Deel van die N2 by Swellendam is steeds vir verkeer gesluit nadat betogers Woensdagaand motorbande op die pad aan die brand gesteek het. By Ceres is die R46 gesluit nadat die padoppervlak gedurende Woensdag se protesaksie beskadig is.

Lees ook:
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.