Die Britse The Sun berig dat prof. Michael Kopelman wat deur aanklaers gehuur is om Dewani se geestesgesondheid te ondersoek glo ʼn sakevennoot van prof. Nigel Eastman, wat deur Dewani gehuur is om nog ʼn opinie namens die verdediging te verskaf. Dewani is glo die meesterbrein agter die moord van sy vrou Anni tydens hul wittebrood in Kaapstad. Kopelam en Eastman se gesamentlike verslag oor Dewani se geestesgesondheid het tot gevolg gehad dat hy nie na Suid-Afrika uitgelewer is om aangekla te word van die moord op sy vrou nie. Anni se familie is woedend hieroor en het gevra dat daar onmiddellik ondersoek ingestel word na die bewerings.
Lees meer hier.