Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA

Shrien Dewani en sy vermoorde bruid Anni.

Shrien Dewani, wat verdink word van die moord op sy vrou Anni verlede jaar in Kaapstad, het appèl aangeteken teen die uitleweringsbevel na Suid-Afrika.

Die Britse minister van binnelandse sake het die week ʼn uitleweringsbevel geteken nadat ʼn Londense hof vroeër bevind het Dewani kan na Suid-Afrika uitgelewer word om verhoor te word. Hy word daarvan verdink dat hy die meesterbrein was agter die moord op sy vrou Anni in Kaapstad in November verlede jaar. Hy het beweer hulle was gekaap. Nog vier verdagtes is gedurende die ondersoek in hegtenis geneem naamlik Xolile Mngeni, Mziwamadoda Qwabe, Zola Tongo en Monde Mbolombo. Tongo het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en dien reeds tronkstraf uit. Mbolombo is ʼn staatsgetuie en sal in die verhoor van Mngeni en Qwabe getuig wanneer die saak op 10 Februarie 2012 in die Kaapse hooggeregshof begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.