Die Grootste Afrikaner van Alle Tye: Hier is die uitslag!

Maroela Media het Donderdagaand by ‘n spoggeleentheid in Centurion die wenners in sy veldtog om die Grootste Afrikaner van Alle Tye aan te wys, bekendgemaak.

Die veldtog, wat vroeër die jaar van stapel gestuur is, het in totaal meer as 20 000 stemme gewerf. Die genomineerdes is in verskeie rondtes teen mekaar opgeweeg en het uiteindelik in animasie-boksgevegte teen mekaar te staan gekom.

By die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees is Liewe Heksie as die Grootste Afrikaner van Alle Tye aangewys.

Paul Kruger is tydens die geleentheid deur Solidariteit se uitvoerende hoof, Flip Buys, as die Grootste Afrikaner van Alle Tye in die Historiese Kategorie aangewys, en Dirk Hermann, voorsitter van Maroela Media se direksie en adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het aangekondig dat Steve Hofmeyr met die louere wegstap as die Grootste Afrikaner in die Eietydse kategorie.

“Die uitstekende deelname deur die publiek aan die veldtog beklemtoon dat die publiek graag na ‘n rolmodel op soek is. Dat daar iemand is wat leiding sal neem,” het Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media gesê.

Steve Hofmeyr erken hy het “trots geglimlag” toe hy dié nuus hoor. Hy skerts op Twitter:

Die drie wenners Paul Kruger, Steve Hofmeyr en Liewe Heksie gesels

Klik hier om te lees wie Steve Hofmeyr as sy Grootste Afrikaner beskou.

Klik hier om ‘n video van die geleentheid te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

toks niemand ·

Baie geluk aan Steve…het sommer geweet hy sal dit maak!!!!!!!!!!!!!!!

Wilma Diedericks ·

Baie geluk aan Steve, hy verdien dit. Hy is `n mens-mens met baie foute maar staan vir die sake na aan sy hart!

Rianne Slater ·

Steve jy is ‘n patriot vir Afrikaans en jy “rock”
Oom Paul Steve het jou kaalbas beskerm wat meer kan ek se
Liewe Heksie jy is die oulikste Heksie wat ek ken!

Jopie ·

Ek kan dit nie glo nie. Die Afrikaner het nie meer die ANC en kie nodig om hom belaglik te maak nie. Hy doen dit nou sommer self.

Anton Dekker ·

‘n Immorele rondslapende veelwywer, ‘n dwepend fundamentalistiese Calvinistiese baster half-Hollander half-Maleier, en ‘n sosiaal wan aangepaste fantasie karaktertjie met ernstige emosionele probleme!
Ja, Dit som min of meer ons gef..te ou lotjie op! Geen wonder ons is ‘n grap in die oë van die ander groot wêreldkulture. As dit ons helde is, het ons regtig enige bestaansreg? Moet ons nie liewer net so gou as moontlik in die vergetelheid in verdwyn nie?
Dit is tragies hoe arm ons geword het om diesulkes te eer! Die tyd van die Afrikaner is nou beslis verby, en ons het self ‘n kardinale bydrae gemaak om alles wat werklik belangrik was om ons kultuur voort te laat leef en uit te bou, te gaan staan en vernietig. As dié drie erg wan aangepaste karakters die maatstaf is waarmee ons ons kultuure-goed meet, wil ek nie deel daarvan wees nie! Al wat van die Afrikaner gaan oorbly, oor so ‘n paar jaar, is ‘n klein aantekeningetjie iewers in ‘n vergete geskiedenis boek.

Theresa Papenfus ·

Ek wonder wat sê die uitslag van die huidige Afrikaner-psige. Dalk wil mens nie weet nie.

henk pitzer ·

Ag nee wat, Steve is `n groot Afikaner, met kommin foute soos die res van ons, en al. Met sy testosteroon is daar niks fout nie, en doen hy ten minste openlik wat ander agter die skuur en onder die watertenk doen of oor fantaseer.Jy het my stem Steve.

Oom Paul is natuurlik die eerste groot skelm volgens my.Jammer daar was nie nou so `n titel vir die ou bogger nie.Ek glo vas hy`s hier weg met al die burgers se goud, en hy en sy nageslagte leef gerieflik in weelde in Switserland met die goud veilg gebêre. Goud wat met harde werk deur die burgers in die veld gesmelt is vir die Boeresaak.Goud wat vergeefs deur ander hier gesoek word.

Liewe Heksie, nou ja, sy is net so `n feëverhaal en fabel soos afrikaanse puriteinsheid, en verdien dus haar titel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.