Oudpres. Nelson Mandela se dogters gaan hom glo dagvaar vir die regte tot sy kunswerke en om sy geldsake te beheer.
The Star het Maandag berig sy dogters, Zenani en Makaziwe Mandela, beplan om ‘n hofbevel, wat in April 2004 in die Johannesburgse hooggeregshof uitgereik is, te betwis. Kragtens dié hofbevel mag Mandela se voormalige prokureur, Ismail Ayob, nie meer sy geld-, persoonlike en regskwessies hanteer het nie. Die hofbevel het Ayob ook verhoed om enige van Mandela se kunswerke te verkoop.
Bally Chuene, Mandela se huidige prokureur, het verlede week ‘n beëdigde verklaring ingedien in reaksie op ‘n eis van die susters, wat deur Ayob verteenwoordig word. Chuene beweer Ayob is verantwoordelik vir die dogters se dade.
Mandela se dogters het die hof verlede maand versoek om ‘n bevel uit te reik om Chuene en sy mede-direkteure te beveel om hul direkteurskappe in Harmonieux Investment Holdings en Magnifique Investment Holdings te beëindig. Die mede-direkteure is minister Tokyo Sexwale en George Bizos.
Chuene het in sy beëdigde verklaring gesê hy, Bizos en Sexwale het in 2011 geweier om die trust se geld aan die dogters te oorhandig sonder wettige regverdiging.
– Sapa
Lees ook:
Madiba soek glo nie sy dogters in sy geldsake nie
Storm oor Mandela-handelsmerk
oeeee e e … nog nie eers dood nie en die bakleiery het klaar begin, sy vrou het seker nie ‘n se nie.
WOW!! WAT GAAN GEBEUR BY SY DOOD AS DIT NOU SO GAAN??
Ag man hier kom nog groot sports.As sy familie so tekere gaan wat dink julle gaan die res van die land se Madiba “aanbidders” doen as hy eers dood is.
Dink hy is lankal dood. Hoekom skielik vir ons wys hy is in hierdie hospitaal en toe skielik in ander? Die volgende oomblik kuier zoempie en kie saam met hom. En nou skielik is dit die bakleiery met Georgie en nou dagvaar die dogtertjies hom of is dit die boedel??? Wonder maar net.
Ja dan is dit maar beter om middelmatig te lewe en nie famous te wees nie, maar ek sou kon doen met ‘n miljoen
Hartseer is al wat ek kan sê. So jammer dat mammon hier die indringer is.