Drie bokse handgranate naby Pretoria gesteel

Die polisie is tans op ʼn toneel by die Panorama Petroport op die N1-snelweg, noord van Pretoria, waar drie bokse handgranate Woensdagoggend glo uit ʼn militêre voertuig gesteel is.

Na wat verneem word, het die bestuurder van die voertuig by die vulstasie oornag. ʼn Betroubare bron het aan Maroela Media gesê een boks handgranate is reeds gevind, maar die polisie is steeds op soek na die ander twee vermiste bokse.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.