Kurt Darren is in ʼn stabiele toestand nadat hy Saterdagaand in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was.
Hy het agt ribbes gebreek en ʼn longpunktuur opgedoen nadat die motor, waarin hy ʼn passasier was, agt meter ver by ʼn afgrond afgerol het. Kurt en twee van sy vriende was op pad terug na sy huis nadat hulle rugby saam met familie en vriende gekyk het. Hy moes uit die motor gesny word en is met ʼn helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem.
Kurt se vrou, Dunay, is tans oorsee saam met haar ma en het eers Sondagmiddag van die ongeluk te hore gekom, berig EWN. Dunay het Sondagaand die volgende getwiet: “Baie dankie vir elke persoon se gebede en boodskappe & een GROOT DANKIE aan ons Hemelse Vader dat hy my man, Marnus en Nadia gespaar het. Xx”
Darren van Heerden, Kurt se broer, het aan EWN gesê Kurt is tans in ʼn stabiele toestand, maar sukkel om te praat. “Hy is in baie pyn, maar hy sal definitief herstel.” Van Heerden sê hulle is oorweldig deur die boodskappe van beterskap en ondersteuning.
Lees ook:
Alle strekte hoop hy herstel vinnig julle is my gebede