E-tol by Verbruikerskommissie verkla

Argieffoto

Argieffoto

Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag teen e-tol by die Verbruikerskommissie (NVK) indien, en die kommisie vra om te kyk na beweerde misbruik van die stelsel deur Sanral.

Die party gaan glo namens verbruikers die NVK versoek om te kyk na onder andere die volgende probleme wat padverbruikers tot hede ervaar het:

  • aanmanings wat op ‘n onregmatige wyse versend word nadat kontakbesonderhede van verbruikers vanaf onwettig-verkrygde databasisse bekom is;
  • verkeerde en onbehoorlike uiteensetting van kostes in rekeninge wat aan verbruikers gestuur word;
  • rekeninge en aanmanings wat verkeerdelik aan persone gestuur word wat nie van die tolpaaie gebruik gemaak het nie;
  • die aanbied van ‘n ongevraagde produk en diens en die dwing van verbruikers om e-tolskyfies te koop weens hoër pryse vir ongeregistreerde verbruikers;
  • die verskil in tariewe wat in die Afrikaanse en Engelse weergawes van regulasies gehef word; en
  • die dubbel-betaling wat vereis word van persone wat ander tuie sleep, soos woonwaens en sleepwaens.

“Hierdie klagte is deel van die party se voortgesette opposisie teen tolpaaie en die hulp wat die party aan padverbruikers bied in hul stryd teen die misbruik van die stelsel deur Sanral,” het adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê. “Die VF Plus gaan tydens ‘n mediakonferensie hierdie week ‘n webblad van stapel stuur waar verbruikers die probleme wat hulle met Sanral-rekeninge ervaar, kan aanmeld. Die VF Plus sal die verbruikers dan behulpsaam wees met die indien van klagtes by die Verbruikerskommissie. Persone kan die party intussen by [email protected] kontak vir navrae met hul probleme met Sanral-rekeninge.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.