E-tol-wanbetalers gaan duur betaal – Sanral

etolhekke in gautengGroot rekeninge wag vir motoriste wat nie vir die e-tolstelsel registreer nie, en wat nie hul rekening binne ʼn week betaal nie.

“Hierdie individue gaan op die einde sowat ses keer duurder vir tolgeld betaal,” het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) op hul webwerf gesê.

Sanral het gesê e-toltariewe verskil afhangende van of motoriste ‘n e-tol rekening en ‘n e-tolskyfie het, of ‘n e-tolskyfie sonder ‘n e-tolrekening. Diegene sonder enige van dié opsies, gaan uiteindelik meer moet opdok.

Motoriste met e-tolrekeninge is geregistreerde gebruikers. Indien jy nie ʼn geregistreerde gebruiker is nie, het jy nie ʼn e-tolrekening nie.

Volgens Sanral sal ʼn motoris van ʼn ligte voertuig, wat nie ʼn e-tolskyfie het, of geregistreer is nie, byvoorbeeld by die Barbet-tolhek naby Lynnwoodweg op die N1-snelweg in Pretoria R3.48 betaal. “As die motoris egter nie binne ʼn week sy tolgeld betaal nie, sal hy R10.44 moet betaal,” sê Sanral.

ʼn Geregistreerde motoris met ʼn e-tolskyfie sal by dieselfde tolhek R1.80 betaal indien dié motoris binne ʼn week betaal of as sy e-tolrekening op datum is en indien die betrokke motoris vir die spesifieke “tyd van dag”- of “gereelde gebruiker”-afslag kwalifiseer. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

JB hulle kan my ook nie bang praat met hul dreigpraatjies nie ek sal net eenvoudig nie ‘n skyfie koop nie

Sarie van Niekerk ·

Dit is nou ‘n geval van die groot beer maak vir baba bang met die dreigtaktiek waarmee Sanral nou besig is. Hulle kan nie die land se samewerking op ‘n ordentlike manier bekom nie, nou pas hulle hierdie ongelooflike dreigtaktiek toe deur die mense elke dag met iets anders in die koerante te dreig. Tipies ANC sodra hulle nie hul sin kan kry nie, dan kom die dreigemente

leon ·

Almal moet net saamstaan en nie skyfies koop nie. Dis onmoontlik om almal te dagvaar. Ons hou die situasie fyn dop hier in die Kaap.

Jessie Kruger ·

Gaan hulle posduiwe gebruik want ons posdiens is nie so vinnig nie en dit nie eers te praat van hulle nie. Dink net die miljoene motors wat deur die gantries ry en hulle gaan hulle elke dag n rekening stuur. Ek like hulle grappies. O en dis Desember, wie werk nou in Desember sekerlik nie SANRAL nie…. Whahaha hulle probeer al wat bangpraat storie sodat ons etol skyfies moet koop want hulle weet hulle kan nie invorder nie.

Gas ·

En as ek vanuit die Vrystaat kom om ‘n maand vakansie te hou in Gauteng SANRAL? Dan is die week verby , as ek tuis kom. Gaan julle my onthoof of gaan die wolf my kom eet. SANRAL is banger vir die hele gedoente as ek. hahaha

Flash ·

My vraag aan ons regsgeleerdes: Kan Sanral sommer lukraak besluit hoeveel mens meer moet betaal as en wanneer jy laat betaal? Is daar nie in die gemene reg of woekerwet beginsels wat woekerary beperk nie?
Indien hulle so vry hand het soos in bostaande artikel beweer word, is dit so goed as die reg om jou eie geld te druk.
Gestel die gebruiker sou bereid wees om die tol te betaal, waarom nou die prys te verfyfdubbel as hy ‘n week laat betaal? Alle normale betalings moet binne 30 dae na faktuurdatum geskied. Teoreties kan ongeveer 0.5% per maand gehef word as rente op uitstaande bedrae. Maar 300 tot 500%!
Kan ons dieselfde doen as SARS ons terugbetaling bietjie laat doen?

PURE BOER ·

More “Flash”

As e-tol n sukses gaan wees, wat ek glo hulle sal nie, kan hulle mos pryse op sit soos hulle will. Dis net iemand wat wil ryk raak uit ons mense uit. Die vkn mense is te sleg om vir hulle eie salaris te werk. Is mos ma net maklik om te vat van ander.

Hendrik ·

http://www.youtube.com/watch?v=4hNYrcU5Hh4
EK sal nie betaal nie. Hier is ‘n slang in die gras. Iemand kry ‘n vet “kickback” op die e-tol geld. Boonop is die taksiebestuurders ook kwytgeskeld – hulle hoef nie te betaal nie! Net nog ‘n manier om die veramende middelklas burger te besteel en die ANC elite boewe ryk te maak.

Anon ·

@Stinkvinger. Ja betaal die keiser wat hom toekom, maar nie die ANC wat net “DEMAND” nie. So maklik is dit nie. Ons belasting betaal reeds vir die paaie hoekom nog meer betaal vir e-tol. So sorry!!!!!!

Piet ·

Weet Sanral self wat aangaan ? ” Johannesburg – Motorists are expected to pay within seven days after receiving e-toll bills or they would be handed over to debt collectors, Sanral chief executive Nazir Alli said on Sunday.” (24 Nov.) Nou, twee dae later, het hulle storie weer verander en sê hulle : “However, if he does not pay within seven days of passing the Barbet e-toll gantry,…………” (Albei aanhalings uit News 24).
Wanneer ek ‘n snelweg gebruik het ek beslis nie die geleentheid om neer te skryf wat die koste gaan wees vir elke tolhek waaronder ek deurry nie. Dus verwag ek ‘n rekening om my te laat weet wat die totaal gaan wees. My ander vraag is, moreoggend ry ek van Jhb. na Pta. en gaan dus geld skuld. Moreaand ry ek weer terug. Gaan die rekeninge gekonsolideer word of gaan daar twee rekeninge uitgestuur word ? Die hele sisteem stink.

bushy ·

Nou wil die regering en die rykes en die met gesubsidieerde vervoer ons bly dwing om die hoofde van sanroof en australia [of watter buitelandse instansie ookal] se reeds vet geldsakke nog verder vol te maak. Sanroof moet maar my hofsake teen my self betaal met die winste op hoe brandstofpryse en belastinggeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.