Een dood, ses beseer by gasbrand in Kaapstad

Global Gases, Kaapstad

Een man is dood en ses mense beseer ná ‘n ontploffing Woensdagmiddag by ‘n gasaanleg in Kaapstad.

“’n Kompressor hetnet voor 16:00 by Global Gases in Contermanskloofweg, Durbanville, ontplof,” het Theo Layne, woordvoerder vir die stad se brand- en reddingsdienste, gesê. “Die man wat dood is, is ontbied om instandhoudingswerk op die kompressor te doen.” Een persoon het beide sy bene verloor, en ‘n ander persoon het een been verloor. Hulle is per helikopter na ‘n hospitaal geneem. Vier ander mense is gering beseer.

Buiten die man wat die instandhoudingswerk gedoen het, is alle slagoffers werknemers van die fabriek. Layne sê ‘n brand wat ná die ontploffing ontstaan het, het self uitgebrand. Die ontploffing het gedeeltes van die mure en dak afgeblaas. “Die gebou sal vir strukturele veiligheid ondersoek moet word.”

Intussen is ‘n gasbrand, wat Woensdagmiddag by ‘n laboratorium in Kemptonpark in Johannesburg uitgebreek het, onder beheer gebring. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.