EFF-beginsels oor grondonteiening, kriminele rekords en landsgrense

Julius Malema by die bekendstelling van die EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Economic Freedom Fighters (EFF) het Donderdag sy oprigtingsmanifes bekend gemaak.

Die EFF hou Vrydag en Saterdag ‘n konferensie in Soweto om sy beleid en manifes te finaliseer.

SKRAP KRIMINELE REKORDS

Die EFF versoek dat kriminele rekords van oud-gevangenes wat sekere misdade gepleeg het, geskrap moet word. “Die vlakke van herinhegtenisnemings in Suid-Afrika is baie hoog, aangesien die land se korrektiewedienste-stelsel nie korrektief is nie,” het die protesbeweging in sy manifes gesê. “Die korrektiewedienste-stelsel moet só verander word dat hy verpligte onderwys en vaardigheidsontwikkeling vir alle gevangenes insluit.”

Die EFF sê dit moet gevolg word deur kriminele rekords wat geskrap word, afhangend van die erns van die misdaad.

GRONDEIENAARSKAP

Alle grond moet aan die staat behoort. “Die staat moet, deur sy wetgewende kapasiteit, alle grond aan die staat oordra wat die grond vir volhoubare ontwikkeling kan administreer en gebruik.”

“Die oordrag moet sonder vergoeding plaasvind en moet vir alle Suid-Afrikaners, swart en wit, geld.”

Sodra die grond aan die staat behoort kan diegene wat tans die grond gebruik of beplan om dit te gebruik, aansoek doen vir ‘n “lisensie om grond te gebruik”. Dié lisensie kan eers uitgereik word wanneer ‘n aansoek ingedien is en verklaar waarvoor die grond gebruik gaan word, het die EFF gesê.

Die lisensie sal vir 25 jaar lank geldig wees en kan hernieu word indien die grond, soos beplan, aangewend word. “Die staat moet, binne dié konteks, die reg voorbehou om die lisensie te onttrek of die grond vir publieke gebruik te allokeer.”

Volgens die EFF is onteiening sonder vergoeding een van sy sewe “ononderhandelbare pilare” wat van “kardinale belang” is.

Tydens die bekendstelling van die “protesbeweging” het sy leier, Julius Malema, gesê die EFF het ‘n plan wat die ononderhandelbare beginsels van grondonteiening en die nasionalisering van myne, albei sonder vergoeding, insluit.

ELIMINEER AFRIKA-GRENSE

Die EFF sal die uiteindelike integrasie van die Afrika-kontinent bevorder deur nasionale grense te elimineer. “Die grense tussen Afrika-lande is onnodig, veral die grense tussen Suid-Afrika en Botswana, Lesotho en Swaziland.”

“Dit sal ook aangemoedig word in ander dele van Afrika en vorm deel van die EFF se beleid oor “progressiewe internasionalisme”.

Die EFF sal ook vryhandel regoor die kontinent aanmoedig. Die beweging onderneem om die struggle van alle immigrante, of hulle wettig of onwettig in Suid-Afrika is, op hulleself te neem.

“Basiese regte moet aan immigrante gewaarborg word sodra hulle die land binnekom. Sekere basiese regte kan nie van enigiemand in Suid-Afrika ontneem word nie, of hulle nou oor sekere dokumente beskik of nie.”

Basiese regte wat gewaarborg moet word, sluit toegang tot gesondheid, opvoeding vir kinders, beskerming van super-uitbuiting deur werkgewers en toegang tot begrafnisregte in Suid-Afrika in.

“Die proses om vir burgerskap aansoek te doen moet nie gekompliseerd wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

sonja ·

Ha…ja maak baie sin – in ‘n sprokies verhaal! So ek gaan ‘n lisensie kry om my droom huis te bou net sodat “die staat” ‘n jaar later kan besluit hulle wil daai huis he vir hulself en dit as “staats grond” verklaar! Hy moet hoog, dronk of dom wees om te dink dit gaan werk!

Kaspaas ·

Met alles wat hy voorstel , wakker hy haat op die regte plekke aan – die dom mens wat nie vir homself kan dink nie, en waarvoor alles net oor gemaksug gaan, sal maklik vir hom stem. Met meer as 40 milj wat maklik “kwalifiseer”, kan die nog ‘n groot gemors afgee.

Hendrik ·

Hoeveel mense is daar wat die paniek in hul voel opbou? Kaspaas ek stem saam met jou en ek dink daar is te mens mense wat besef wat die EFF behels.

Wessel van Vuuren ·

Ons moenie die man so kwaai kritiseer nie. Onthou dat hy het een “A” simbool op sy skool sertifikaat gehad. In sy van.

Rean ·

Ek weet vir wie ek gaan stem… :P

Maar rerig nou, as jy nie slim is nie moet jy groot wees, en al is hul nie nou groot nie, hulle praat darm groot… groot #@*! haha

H J Bester ·

Die beleid van Malema se Economic Freedom Fighters-party, dui ongetwyfeld op sterk sosialistiese / marxistiese ondertone. Hierdie tipe beleid is baie meevoerend en populêr by oningeligte mense want dit hou die twyfelagtige belofte in van ‘n lui-lekker kammaland waarin geen armoede of ellende bestaan nie en waar arbeid nie ‘n noodwendigheid is nie.

Ongelukkig vir Malema en meelopers het die praktyk dit duidelik uitgewys dat hierdie beleidsrigting nie bestaanreg het nie – waar dit toegepas is, het dit misluk.

Die res van wat in Malema se EFF-oprigtingsmanifes staan, is snert en ‘n droom.

Al voordeel wat die EFF tans vir die politieke bestel in Suid-Afrika in hou, is dat dit stemme weg van die ANC kan trek en die ANC dus, tot die voordeel van die opposisie-partye, kan verswak. Daarom gun ek Malema sy EFF sy kortstondige bestaan alhoewel dit mettertyd dalk ietwat van ‘n lastigheidswaarde kan hê.

Martha van Vuuren ·

Wonder op watter planeet hy leef. Hulle het ons gewys hoe bekwaam die land bestuur word. Die paar fat cats sal bo sit en alles besit en die res gaan vrek van elende. As jy nie self iets kan skep nie moet jy dit by iemand anders vat. As ek die belasting gaarder miljoene skuld hoeveel was my inkomste en met my geletterheids vlak, hoe het ek dit bekom? Lyk my selfs matriek is te hoog gekwalifiseer om op daai skaal te kan steel!

Gert Malan ·

Hy is ‘n gomsnuiwer van formaat! Die ergste van alles is dat daar mense (?) is wat hom glo en aanhang!!!!

Nico ·

Dan is daar sowaar nog mense wat reken komunisme is dood en nie meer so ‘n bedreiging nie. Hoe blind kan jy wees?

Johan ·

Julle mis die punt. Die volgende swakplek in ons politieke bestel word nou uitgebuit.Kry net 1% van die stemme in jou kiesafdeling op nasionale vlak en jy het ‘n pos in die parlement met ‘n vet jaarlikse salaris waavoor jy net ‘n paar parlementere sittings moet bywoon .Lekker nê,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.