“Ek is nie ʼn monster nie”

baba-voete-320x320Hy is nie die monster wat mense beweer hy is nie en hy het nooit sy vrou of haar drie weke oue baba aangerand nie, het Christiaan Oldewage Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

Oldewage sê hy kan nie verduidelik hoe sy stiefseun, die drie weke oue Stiaan, ʼn skedelbreuk opgedoen en 16 ribbes gekraak het nie. Stiaan is op 13 Desember 2011 in die Montana-hospitaal oorlede, ure nadat hy opgeneem is. Juanita Fourie, Oldewage se vrou en Stiaan se ma, is saam met hom in hegtenis geneem maar het in Augustus vanjaar selfmoord gepleeg. Oldewage het getuig dat hy onder die indruk was dat die kneusplekke op Stiaan se kop veroorsaak is deur ʼn kat wat hom gekrap het. Hy het tydens kruisondervraging gesê Stiaan se beserings was so erg dat sy vrou hom hospitaal toe geneem het. “Die baba se lippe en oë was geswel. Ek weet nie wat dit veroorsaak het nie. Miskien was hy allergies vir die kat.” Oldewage sê hy het die dag voor Stiaan se dood ʼn “vreemde geluid” in sy kot gehoor. Oldewage beweer hy het sy vrou wakker gemaak om Stiaan hospitaal toe te neem waar hulle mond-tot-mond-asemhaling toegepas het aangesien hy nie asem gekry het nie. “Hy was ʼn goeie baba. Hy het nooit baie gehuil nie. Ek het nie die baba onder enige omstandighede aangerand nie. Dit is verregaande om te sê ek het.” Oldewage het erken dat hy te veel gedrink het nadat hy sy werk verloor het maar ontken dat hy sy vrou of die baba aangerand het.

Dr. Christiaan van Wyk het getuig dat Stiaan blou van kleur was en nie asemgehaal het nie toe hy in die hospitaal opgeneem is. Hy sê dokters het vir ure probeer om die baba te red. Van Wyk sê hy het nog nooit die graad van beserings gesien nie, nie eers by slagoffers van motorongelukke nie.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rondom Lelik ·

Moet die hond asb. nooit ooit weer in die samelewing toelaat nie, die vrou of kastige “ma” ook nie. Sulke mense is die skuim van die Blanke Nasie en is slegter as van die swartes.

Peter Says ·

Rondom, hy is slegter as n hond, n hond sal nooit soiets aan haar kleintjie doen nie.

Henko ·

Skaam jy jou nie voor die Here om so te lieg nie? Jy is ‘n monster, of jy dit wil erken of nie. Waarom sal daar kneusplekke wees indien ‘n kat die babatjie gekrap het? Mag jou dag van afrekening vinniger kom as wat jy gedink het.

BlinkStefaans ·

@ Rondom en Peter, die kamstige “ma” het darem al klaar selfmoord gepleeg vroeer die jaar. Hy moet GROOT ASB dit ook doen! Drank is nie n verskoning nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.