Eskom het Donderdag aangekondig dat sy uitvoerende hoof, Brian Dames, bedank het.
“Eskom sal steeds die voordeel trek uit sy ervaring en kennis tot 31 Maart volgende jaar,” het Zola Tsotsi, die voorsitter van die direksie van Eskom, in ‘n verklaring gesê.
“Gedurende hierdie tyd sal Eskom se direksie en Dames saamwerk om ‘n gladde oorgang te verseker wanneer ‘n nuwe uitvoerende hoof aangestel word.
Tsotsi het gesê die proses om sy opvolger te vind is “goed op dreef” en hulle verwag dat dit betyds afgehandel sal wees.