Etikette op vleisprodukte bekyk

Die Nasionale Verbruikerskommisie gaan die verkeerde etikettering van vleisprodukte ondersoek en streng optree teen partye wat vleisprodukte verkeerdelik aandui.

Phumla Williams, waarnemende woordvoerder van die regering, het Donderdag tydens ʼn perskonferensie gesê volgens wet mag geen party in die verskaffingsketting dienste of goedere bemark onder valse of misleidende voorstellings nie.

Williams het gesê die kabinet weet van berigte wat oor die verkeerde etikettering van vleisprodukte in Suid-Afrika gepubliseer is.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Stellenbosch het onlangs bevind daar is onder andere donkie-, waterbuffel- en bokvleis in die land se vleisprodukte.

Die universiteit het Maandag op hul webwerf berig Suid-Afrikaanse verbruikers word ook met vleisprodukte verneuk. Die uitslag kom te midde van ʼn internasionale storm nadat daar bevind is dat verskeie vleisprodukte wêreldwyd nie ooreenstem met dít wat op die verpakking aangedui is nie. Veral die Britte is warm onder die kraag nadat bewys is dat “100% beesprodukte” perdevleis bevat. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martie van graan ·

Hulle moet asseblief die name van plekke en waar en die soort vleis noem, sodat ons kan weet, want nou is die mense bang, en slaghuise en ketting winkels gaan daar onder ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.