Fochville-boer vas wat glo huurders skiet

Argieffoto

ʼn Boer van Fochville in Gauteng, is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo in die polisie se teenwoordigheid twee huurders doodgeskiet en ʼn ander gewond het, het Beeld Dinsdag berig.

Die boer was met ʼn haelgeweer gewapen en het op die huurders begin losbrand nadat hulle glo die boer en ʼn groep werkers met klippe bestook het.

Volgens lt.kol. Hennie Maass, die stasiebevelvoerder van die Fochville-polisiestasie, het die boer en ʼn groep van sy werkers met een van die huurders gaan praat. “Die huurder het glo oor die naweek by een van die boer se kuierplekke skade aangerig,” het Maass gesê. “Een van die werkers het die huurder met ʼn stok geslaan, waarna hulle met klippe bestook is. Die boer het daarna vyf skote afgevuur. Die mans wat hy geskiet het, was huurders op sy plaas,” het Maass bevestig.

Die polisie is deur die boer ontbied en was saam met hom op die toneel toe die voorval plaasgevind het. Hy het die polisie ontbied omdat daar die vorige naweek ʼn betoging op sy plaas was nadat ʼn man daar vermoor is. Sowat 2 000 mense, waarvan die meeste mynwerkers is, huur blyplek by die boer.

Volgens Maass gaan die boer aangekla word op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Trippie ·

Los die Boer, wie nie ore het nie, moet voel !

Klippe gooi kan ook dood tot gevolg hê !

Stoere Boer ·

As dit nou andersom was was dit die boer wat rede gesoek het om vermoor te word. Jy mag jouself nie eers meer teen barbare verdedig nie. Die regstelsel is siek.

Melissa ·

As dit andersom was, sou dit ten to one nie eers in die nuus gewees het nie! Die media in ons land is belaglik!

Meneer ·

In die polisie se teenwoordigheid nogal? Ek kan nie dink dat tussen die eerste klip wat gegooi is tot dat die die skote begin klap het daar nie genoeg tyd was vir die polisie om beheer te neem nie. Soos dit vir my lyk was hulle toeskouers en behoort die klagtes eerder teen die polisie gelê word? Of is ek nou verkeerd?

JAVR ·

Ek stem met jou 100% saam Meneer maar wil ek ook toevoeg dat sy verhuring aan die myners en ander ‘n GROOT probleem is vir sy bure aangesien daar alewig moeilikheid broei! Ek stem skiet die moere maar wil ek ook sê hy is die oorsaak van die moeilikheid. Sal nie verbaas wees as die polisie deel geneem het aan die klip gooiery nie!

Melissa ·

Ek stem, hy moes in die 1st plek nie vir hulle behuising verhuur het nie, waar hulle so in klompe bly is daar net moeilikheid!

louise ·

Genade tog, moet die boere dan eers vermoor of vermink word voordat die polisie intree of voordat jy jouself mag verdedig! Boer van Fochville, ons sal vir jou bid, dat die Here jou regsaak sal hanteer!

Melissa ·

Hoekom is net hierdie tipe goed in die nuus, maar die alle daagse uitvermoor van witmense deur swartmense haal skaars ‘n koerant, of nee, haal glad nie die nuus nie?????????????????????

Willy ·

Tweeduisend meestal myners is baie gevaarlik om hulle op ‘n plaas toe te laat! Daar gaan mos moeilikheid wees. Die boer het mos uit selfverdediging opgetree in die teenwoordigheid van die polisie.

Seg Net ·

Die boer moet sy kop laat lees om ten eerste die goed op sy grond toe te laat. Waar is die man se verstand of is dit geldgierigheid?

Jasper ·

Maak n sommetjie. 2,000 huurders betaal huur. Glo nie die man het geboer nie.

Susan ·

Waarom word na die man verwys as n boer? Wat my aanbetref is dit n besigheidsman, maar die media moet alewig die boer in n slegte lig plaas. Dit is tyd dat ons almal hierdie tipe van beriggewing kritiseer en nie net stilbly en alles gelate aanvaar nie.

Jasper ·

@JAVR. Weet nou nie wat die huidige markprys is nie. Dalk moes die man eerder begin uitvoer het.

Johan ·

Skiet hulle hulle hoort nie da ni,as jy wil klippe gooi kan die boere lood gooi,skiet hulle!!!

buurplaas ·

hy is n lui geldgierige,persoon wat duisende pandokke verhuur en nog meer maak uit sy shebeens en cash for scrap winkel op die plaas( almal sonder lisensies) hoor jy lt maas van fochville polisie! ten koste van al die buur plase rondom.moolman dink hy is vreeslik sterk om polisie en munsipale persone om te koop om sy onwettigheid te bedryf.

belasting betalers van carletonville subsidise die privaat besigheid om nou en dan van die vullis te verwyder, slote te laat grou met munsipale masjiene en duur los staande toilette te verskaf en die te laat uitsuig maandeliks net sodat arme moolman nie onnodige probleme kry van sy huurders nie.

dit als terwyl hy -moolman ver genoeg van die gemors , vuilheid en stank af bly en nie geraak word deur al die tragedie wat sy onwettige besigheid al vir 6 jaar veroorsaak . en dit als belasting vry nogal!!!!!!

bert moolman , jy verdien om tronk toe te gaan en daarna te verrot in die hel saam met jou maters, wat so lekker deel uit jou selfsugtige, korrupte en vernielende tipe besigheid van die natuur -omgewing en medemens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.