Foto’s: Barmhartige samaritaan red SA-egpaar tydens Zim-aanval

a8Meer foto’s volg onderaan die berig. Lees ook ons opvolgberig: 
“Barmhartige samaritaan” se storie dalk ʼn foefie

Don Percival, ʼn inwoner van Harare in Zimbabwe, het Maandag die Smith-egpaar van Suid-Afrika gered toe hulle deur drie mans aangeval is. Die mans wou glo hul voertuig steel.

Percival, die uitvoerende hoof van Goddunnit Promotions, ʼn maatskappy wat natuurlewefilms in Zimbabwe vir ondermeer National Geographic vervaardig, het Woensdag aan Maroela Media gesê God het hom die krag gegee om die aanvallers ʼn goeie loesing te gee.

“Ek het op die Wingate-pad gery toe ek sien hoe drie diewe probeer om ʼn wit Toyota-dubbelkajuitbakkie van ʼn egpaar van Suid-Afrika te steel,” het Percival oor die voorval op sy Facebook-blad geskryf. “Twee van die mans het die man, Darren Smith, aangeval, en die derde man het Darren se vrou, Sharon, aan die keel gewurg.”

Hy het afgetrek en die egpaar bygestaan. Hy sê hy het eerste die man afgeweer wat besig was om Sharon te wurg, waarna die man in die bakkie geklim het. “Ek het vir Darren gesê om sy vrou te beskerm terwyl ek die ander twee mans weggehou het. Mense wat my ken weet ek is nie ʼn bakleier nie, maar ek weet God het my volle beheer oor die situasie gegee, en die krag om terug te baklei.”

Hy het terugbaklei totdat al drie mans gevlug het. Percival sê hy het slegs kneusplekke aan sy kneukels, knie en elmboog opgedoen. “Die ergste is dat my gunsteling SuperSport T-hemp nou geskiedenis is!”

Hy sê Darren het beserings aan sy gesig opgedoen en Sharon het kneusplekke aan haar nek en op haar gesig.

Darren het foto’s van die voorval op sy kamera geneem en het ook die voorval by die polisie aangemeld. “God weet wat hy doen. Kom ons erken dit maar, hierdie is net nog ʼn wonderwerk,” het hy bygevoeg.

Klik hier om die Facebook-blad van een van hul produksies, Karina Wild On Safari, te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Danielle ·

Pragtige getuienis. Dankie Don. Alle eer aan God, jy is voorwaar daar geplaas met ‘n doel!

Yolande ·

Don, jy is my hero. Dit is wonderlik dat jy die mense bygestaan het. Ek is seker die Smiths sal jou ewig dankbaar wees. Gewoonlik kyk mense anderkant toe as iets gebeur. Wel gedaan. Ek hoop wragtig jy is in die omgewing as iets met my gebeur ;-)

edban ·

Darren neem fotos terwyl Don moet baklei om hulle te beskerm.Wat n lafaard om nie te help nie.Al die fotos baklei Don alleen.

Pieter ·

So maklik om jou mede mens uit te haal. Dalk gedink dat hy by sy vrou gesit het om haar te beskerm? Mens weet nie wat daar gebeur het nie, party mense kan nie baklei nie. Dis partykeer die rede dat die Here hulp op jou pad sit. Ek dink ons as afrikaners moet ophou mekaar beledig en eerder saam mekaar begin staan. Dink net bietjie na oor die situasie, negativiteit is baie maklik om te saai. Makliker om n huis af te breek as om dit te bou.

Willie ·

Nou vra ek met geduld as die verslaggewer weet dat die foto’s die persoon se lewe kan kos hoekom sy gesig wys

Pieter ·

Ek se maar net dankie vir helde daar buite wat stilweg verdwyn en daar is vir mense wat dit nodig kry. Wel gedaan.

Dan ·

Fantasties, Don! Drie lafaards teen een ou en hy gee hulle lekker pakslae! Jammer hy was nie agter die stuur toe Malema en sy drie trawante daai man in Pietersburg gepak het nie.

JP ·

HOAX!! Dis duidelik dat die “bakleiery vals is! Watter beter manier om jou film besiheid te bemark!! Kyk weer MOOI na die fotos! Kamera toevallig byderhand, zoom in en uit, gryp twee gelyk vas en hulle baklei nie terug nie, val skielik op die grond. Gryp die ander een wat weer wonderbaarlik regop gekom het na die geweldige hou, MAAR hyt nooit geval nie.. Nee mense kyk maar weer mooi!

Hyt nou in elk geval sy gratis publisiteit weg! hehehehe.

David marais ·

Volgens JP is die snyplekke, bloukolle en pynlike uitdrukking op die arme jong dame se gesig, ook net ‘n hoax en aangeplak!

mossie ·

Welgedaan my vriend. God is groot en hy het jou gestuur. ‘ n engel wat geen mens vrees behalwe God alleen nie. Drie boewe se koppe gaan lekker seer wees. Eish!!!

Marleen ·

Mooi so! As almal net sal begin saamwerk en saamstaan teen ongeregtigheid sal die wereld bewe oor wat God se mense in Sy naam kan vermag.

Annelien ·

Don you are a HERO. Thank you God for using Don to save lives!

Heinrich ·

Wens ons Suid Afrikaners kan mekaar so bystaan teen die Heidine.

marius kemp ·

Ek dink dis 100 % reg wat jy gedoen het Don.dit gebeur al hoe meer in on land en ons gee te vinnig op en huil altyd oor die misdaad.ek se veg terug en dit sal vinnig einde kry.

quintin coetzer ·

Kan julle almal net Johan se komentaar en links volg. Dit is n hoax. Don lag vir jul almal. Maak julle oë oop.

Heinie die Verskriklike ·

Swak, kannie glo dat mense sulke vals waarhede wil verkoop nie. Is dit celluwatookal wat my nou gebel het…. SWAK!!!

Lillian ·

Goed om te sien dat ons mense nog saamstaan en dan die Here vir Sy genade en hulp anders was hierdie twee mense seker deel van die statistieke!

Ly nie aan die GOD sindroom nie ·

Hier is Sharon:
https://www.google.co.za/search?q=anna+richardson&tbm=isch&tbs=simg:CAQSZRpjCxCo1NgEGgIIBgwLELCMpwgaPAo6CAESFKoFygSpBbYFwATiBJ0FtAXfBL0FGiDBim6uC3XRZfAvWuaNdLWWhsN8eATyM6bsDpl8iamSlAwLEI6u_1ggaCgoICAESBOAs_1tAM&sa=X&ei=JmEcU9a0LMOv7QbwiYBY&ved=0CCIQ2A4oAQ

(Beter bekend as Anna Richardson
Presenter
Anna Clare Richardson is an English presenter, television producer, writer and journalist, as well as author of a book. Wikipedia
Born: September 27, 1970 (age 43), Shropshire, United Kingdom
Height: 1.65 m
Partner: Charles Martin
TV shows: Supersize vs Superskinny, The Sex Education Show)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.