Foto’s: Mandela se konvooi na die Uniegebou

Mense staan in Madibastraat en wag vir die konfooi. Foto: Laurette Bredenhann

Mense staan in Madibastraat en wag vir die konfooi. Foto: Laurette Bredenhann

Die oorskot van oud-pres. Nelson Mandela het Woensdagoggend om 08:00 by die Uniegebou in Pretoria aangekom waar hy vir drie dae in staatsie gaan lê.

Mandela se liggaam gaan elke dag tot Vrydag in ʼn konvooi van 07:00 tot 08:00 van 1 Militêre Hospitaal deur Pretoria se middestad na die Uniegebou geneem word. Die publiek kan Woensdag vanaf 12:00 tot 17:30 ook Mandela se liggaam by die Uniegebou se Nelson Mandela-amfiteater aanskou. Klik hier vir meer inligting oor die konvooi se roete, asook inligting oor die parkeer-en-ry-gebiede vir die die publiek, aangesien slegs publieke busse daar toegelaat gaan word. Geen kameras of selfone gaan by die amfiteater toegelaat word nie. Nagenoeg 2 000 mense ʼn uur word verwag.

Die konvooi. Foto: EWN / Twitter

Die konvooi. Foto: EWN / Twitter

Intussen is honderde polisebeamptes en soldate by die Uniegeboue ontplooi om seker te maak die gebied is beveilig.

Mandela se liggaam kom by die Uniegebou aan. Foto: EWN / Twitter

Mandela se liggaam kom by die Uniegebou aan. Foto: EWN / Twitter

Nelson Mandela se kis by die Uniegebou. Foto Masi Losi / Pretoria News

Nelson Mandela se kis by die Uniegebou. Foto Masi Losi / Pretoria News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.