Foto’s volg onderaan die berig.Meer as 550 mense is dood ná ‘n geweldige storm Indië getref het.
“565 mense is dood in blitsvloede en grondverskuiwings,” het Vijay Bahunguna, minister van Uttarakhand, aan CNN-IBN gesê, berig www.sbs.com.au. “Hierdie tipe ramp het nog nooit in die geskiedenis van die Himalayas gebeur nie.”
Helikopters en duisende soldate is ontplooi om meer as 50 000 mense, wat bykans ‘n week ná die vloede weens swaar reën gestrand is, te red. Riviere wat hul walle oorstroom het, het huise, geboue en selfs dorpies meegesleur. Brûe en nou paaie wat na dorpies, wat hoog in die berge geleë is, lei, is ook vernietig.
“Talle mense word nog vermis. Die dodetal kan nog binne die volgende paar dae skerp styg,” het Yashpal Arya, minister van noodverligting, gesê.
Bahuguna het die Indiese departement van meteorologie blameer dat hulle nie voldoende waarskuwings voor die tyd uitgereik het nie. Die storm het glo vroeër as verwag die gebied getref.
[nggallery id=137]