Foto’s: Motoris jaag weg met polisieman, verongeluk

Die foto’s is deur @JustVuyi op Twitter gelaai.

ʼn Motoris en ʼn polisiebeampte is Donderdag in Rosebank dood nadat die man glo met die polisiebeampte nog in sy voertuig van die polisie wou wegjaag.

“Die bestuurder van ʼn Audi R8 is deur twee beamptes van die pad afgetrek en die motor is deursoek,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die beamptes het glo op ʼn klein sakkie dagga afgekom waarop die motoris van die toneel af weggejaag het. Een van die beamptes was egter steeds in die voertuig.”

Volgens Dlamini het die ander beampte agter die motoris aangejaag. “Die bestuurder van die Audi het in Rosebank beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn boom en muur gebots voor dit teen ʼn lamppaal tot stilstand gekom het.”

Die motoris en beampte is op die toneel dood. Die name van die slagoffers kan nog nie bekend gemaak word nie.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miss Knysna ·

Liewe Vader, het ons Suid Afrikaaners heel te mal mal geword. Ek kyk maar in ons dorpie hoe almal jaag en ry asof die duiwe agter hulle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.