Foto’s: ‘Net genade’ dat Arno leef

Arno se broer Dewald het die foto op Twitter geplaas.

Dewald Jordaan, agent en broer van die sanger Arno Jordaan, sê dit is net die “Here se genade” dat sy broer nog leef en slegs lig beseer is na hy Woensdagoggend op die N14 onderweg na Krugersdorp in ʼn motorongeluk was.

Dewald sê Arno wou glo ʼn motor in die linkerbaan verbysteek toe ʼn klein vragmotor wat gasbottels vervoer het skielik voor hom was. Arno se motor het glo teen die vragmotor gebots waarna dit in die veld langs die hoofweg tot stilstand gekom het. Die botsing het tot gevolg gehad dat van die gasbottels van die vragmotor af geval het en op die hoofweg geland het. Verkeer is erg ontwrig nadat verskeie bane gesluit is. “Arno het my self van die toneel af gebel en gesê hy was in ʼn helse ongeluk.” Arno is na die ongeluk na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem vir behandeling. Dewald sê Arno het ʼn sny aan sy oogbank opgedoen, sewe steke in sy lip gekry en sy duim gekraak. Arno is reeds vanmiddag ontslaan en is terug by die huis. “Arno sê dit was die naaste wat hy nog aan die dood was. Dit is die Here se genade dat hy leef.”

[nggallery id=118]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LILLY DE BEER ·

So bly hy het net ligte beserings opgedoen. As mens na die voertuig kyk moes hy baie seerder gekry het, wys mens net hoe Awsome God ons het en hoe lief Hy ons het. Dankie Pappa Vader dat U Arno bewaar het vir sy Famielie en vriende en sommer vir almal wat vir hom omgee.

Lorraine van der Westhuizen ·

Arno ek is baie bly dat jy dit so insien dat dit God se genade was dat jy leef min mense gee vir God die Eer.
Verder moet jy asb na jouself kyk ons sal bly bid vir jou en jou gesin hoor.
Liefde groete hier uit die mooie Kaap.
Lorraine en Gesin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.