Gedenkdiens-tolk beweer hy is skisofrenies

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa (Thami) Jantjie wat deur die dowe gemeenskap veroordeel word vir sy tolkwerk tydens Mandela se gedenkdiens, het aan EWN gesê hy ontvang tans behandeling vir skisofrenie.

Jantjie het in ʼn onderhoud met Kieno Kammies van Cape Talk 567 gesê hy is gekwalifiseerd en die kritiek is “onregverdig”. Hy voer aan hy het ʼn “episode” gehad tydens die verrigtinge en het “stemme gehoor”. (Die klankgreep van die onderhoud volg onderaan die berig.)

Volgens Jantjie het hy al tolkwerk by talle hoëprofiel-geleenthede gedoen en was daar nog nie vantevore klagtes nie.

Collins Chabane, minister in die presidensie, het intussen gesê die voorval sal ondersoek word. “Die regering ondersoek die saak, maar kon nog nie die ondersoek afhandel nie weens die hoë eise wat die skedule rondom die staatsbegrafnis tans stel,” het Chabane aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Die regering sal publiek verslag lewer oor enige inligting wat ingewin word. Die regering wil Suid-Afrikaners verseker dat ons die regte en menswaardigheid van mense met gestremdhede wil verdedig.”

Die gebaretaal-gemeenskap het Woensdag hul ontevredenheid en ontsteltenis oor die voorval uitgespreek. Klik hier om meer te lees.
[soundcloud url=”https://api.soundcloud.com/tracks/124443634″ params=”color=ff6600&auto_play=false&show_artwork=true” width=”100%” height=”166″ iframe=”true” /]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AmY ·

Nou waarom hom dan by so ‘n belangrike geleentheid sit, as hy duidelik nie al sy varkies op hok het nie???

Jasper ·

En so ook Dimetrio Tsafendas. Wanneer word daar lesse geleer ?
Die bietjie wat ek na die seremonie gekyk het, het dit kompleet gelyk of mnr. n koliekbaba probeer sus.

Rieks ·

My eerlike opinie… wat seker in elke geval nie tel nie. Hierdie mannetjie is een van daardie wat in een van die hoogste poste is met vals verwysings en sertifikate en ry die gravy trein is nou uitgevang. Dit is heel moontlik die eerste keer dat die dowe gemeenskap werklik belang gestel het in wat gesê is en so het sy hande :-D oorspeel – skies oorspel!

Rondom Lelik ·

Dit dra weereens ‘n baie goeie beeld na die buiteland. Hierdie land se veiligheid kan nie beter nie. Mooi Nuwe Swart Suid Afrika.

Colleen ·

Ons land se naam alles waarvoor Madiba gestaan het is verlore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.