Gedenkdiens-tolk: “Ek tolk al jare lank”

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa Jantjie, die gebaretaaltolk by Nelson Mandela se gedenkdiens, het gesê hy tolk al jare lank by groot geleenthede vir die Suid-Afrikaanse regering en die regerende party.

Jantjie het Vrydag aan die Associated Press gesê hy het dokumente om te bewys dat hy al in die verlede by amptelike geleenthede gewerk het.

Hy het ook gesê dat hy Vrydag ʼn mediese ondersoek by ʼn psigiatriese hospitaal, wes van Johannesburg, moet ondergaan. Die hospitaal het gesê hy kan nie inligting oor pasiënte bekend maak nie.

Jantjie se neef en drie vriende het gesê hy was deel van ʼn groep mense wat twee persone aangeval het nadat hulle met ʼn gesteelde televisiestel betrap is. Die verdagtes is in 2003 aan die brand gesteek en brandende bande is rondom hulle nekke geplaas.

Jantjie voer aan hy is skisofrenies en het tydens die gedenkdiens gehallusineer.

Lees ook:
Mandela-diens: Gebaretaaltolk werk vir ANC-man
Gebaretaaltolk: NVG kry nie hofdokumente nie
Mandela-diens: Gebaretaaltolk aangekla van moord
Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk
Gedenkdiens-tolk beweer hy is skisofrenies
Mandela-diens: Tolk was ‘n “bedrieër”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

Wat meer kan ‘n mens se – as ‘n mens maar net kyk hoe stortkop en sy brigade die land regeer dan is hierdie nie eens noemenswaardig nie, inteendeel normaal. Die tolk is seker weer ‘n goeie kennis van stortkop of van een van sy kaders. Gelukkig het hierdie kader-tolk se stemmetjies nie vir hom gese om bekendes aan te val nie! You ANC-nothing yet!!!!

Henko ·

Hierdie tolk behoort toegesluit te word, lewenslank, Die video-greep oor die moord was eweneens uiters ontstellend.

joey ·

En DIT is die bewys dat tolkery net ‘n mors van geld is! “Jare lank” en niemand het al iets gesê nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.