Geen wit mans in SAL-kadetprogram

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag sy openbare veldtog teen die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) hervat nadat die lugredery geen wit manlike kandidate in sy kadetprogram opgeneem het nie. Die SAL het in Augustus verlede jaar ʼn verbod op aansoeke van wit manlike studente vir sy kadetprogram opgehef nadat Solidariteit ʼn groot openbare protesveldtog teen die SAL van stapel gestuur het.

Volgens Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is dit duidelik dat die opheffing van die verbod net ’n rookskerm was vir voortgesette rassediskriminasie deur die lugdiens. “Die SAL se uitsluiting van wit manlike kandidate kom op gesubsidieerde rassisme neer. Die belastingbetaler word gedwing om te betaal vir die staat se beheptheid om die nasionale rassedemografie op elke posvlak op elke plek in Suid-Afrika op ’n absolute wyse toe te pas. Hierdie benadering het tot gevolg dat rassesyfers belangriker word as dienslewering.”

Die SAL het gister aangekondig dat hy 40 kandidate in sy kadetprogram opgeneem het. Dié groep bestaan uit tien swart mans, vier swart vroue, nege bruin mans, een bruin vrou, sewe Indiër mans, twee Indiër vroue en sewe wit vroue.

Solidariteit het ’n beroep gedoen op wit mans wat vir die kadetprogram aansoek gedoen het, maar wie se aansoeke nie geslaag het nie, om Solidariteit deur sy webwerf te kontak sodat die vakbond namens hulle regstappe kan ondersoek.

Hermann het verder ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die vakbond se veldtog te ondersteun. “Ons eis deur die veldtog dat alle wit mans se aansoeke op dieselfde meriete as die ander aansoekers beoordeel moet word, aangesien kwotastelsels soos dié wat so blatant deur die SAL toegepas is, onwettig is in Suid-Afrika.”

Die publiek kan protes aanteken deur die woord “Kwota” na 34388 te SMS. ʼn SMS kos R2 en sal ook by die protesboodskappe getel word. Die veldtog kan ook op Twitter gevolg word by #StopSAA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico Grobler ·

Watter versekering sal daar in elk geval wees dat aansoeke op meriete hanteer word agter die mure? Vir SAL en ander maatskappye is BEE van groter belang as kwalifikasies, vernuf en vermoëns. Dit maak van enige kwalifikasie nie eers die papier werd waarop dit gedruk is nie. Watter aanmoediging bestaan daar dus vir ‘n blanke man in SA? Hoekom sal hy sy tyd en geld mors om ‘n kwalifikasie te bekom? Dan wonder hulle hoekom die mense met die kennis die land verlaat. Verder soebat hulle ook nog daardie mense om te bly en die land te help opbou. Weet nie hoe hulle dit wil regkry op daardie manier nie. Miskien is dit ‘n kwessie van “Jou papiere moet MY help om beter te lewe omdat JOU voorouers dit durf waag het om uit Europa hier aan te kom.

Mike ·

Ek stem saam met wat jy sê ek dink net dit is belangrik om steeds jouself te bekwaam in een of ander rigting. Die opsie om die land eerder te verlaat om vir jouself te kan sorg moet uitgehou word maar dit kan net gedoen word met goeie kwlifikasies.

Nico Grobler ·

Stem heeltemal met jou saam. Vir ‘n jong man is dit absoluut noodsaaklik om in die buiteland te gaan studeer en sy kundigheid daar te gebruik, want hier sal dit nie erken word nie. Ongelukkig is ek self nie meer jonk genoeg om dit te kan doen nie.

Paul ·

Stel ‘n Boikot teen SAL in sodat hulle kan vlerkies kry en hel toe vlieg!!

Hennie Kruger ·

Ek sal baie graag wil weet wie gaan die suksesvolle aansoekers by SAL
OPLEI?
Seker maar van die GROEP wat nie kwalifiseer nie!!! Hoe anders?
Sal maar in die toekoms SAL vermy,daar is genoeg Lugrederye wat nie BEE mal is nie!!

Francois ·

Dis jammer om te sien hoe alles nou ten gronde gaan.
ASB bly weg van SAA.. As jy jou lewe lief net..

piet ·

STAAK OM MET SAA TE VLIEG SO OOK DIE ANDER VERWANTE GOEDKOPER SAA LUGDIENSTE. KYK NET NA DIE ONGELUK SYFER IN DIE LUGMAG DEUR SWART PERSONEEL. DIE SKRIF IS AAN DIE MUUR.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.