Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie in Port Elizabeth het bevestig dat die skilderye onder ʼn bankie by ʼn NG-kerk in Sunridgepark opgespoor is. Die polisie het op ʼn wenk reageer en die honde-eenheid het hulle na dié perseel gelei.
Die City of Tshwane moet egter bevestig of die kunswerke, wat gevind is, wel die oorspronklike kunswerke is. Van die kunswerke wat teruggekry is sluit Maggie Laubser se Cat and Petunias (1936) en JH Pierneef se Eland and Bird (1961) in.
Niemand is nog in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie.
Die kunsmuseum sal weer vanaf 20 November oop wees vir die publiek.
Van die kommentaar in vorige mediaberigte oor dié saak het aangevoer dat dit “‘n fyn beplande rooftog” was. Klink my nie so nie. Lyk nie of die ouens enigiets van kuns af geweet het nie, want dis uiteraard baie moeilik om bekende kunswerke te verhandel.