Pogings om die vragskip, Kiani Satu, wat Donderdag aan die kus by Knysna gestrand het te verwyder, sal na verwagting Dinsdag begin.
Maroela Media het vroeër berig die 165 meterlange skip, wat rys vervoer het, het Donderdag by Walker Point naby Buffelsbaai gestrand nadat dit glo enjinprobleme ondervind het. Die skip het ook intussen begin olie lek en word tans van die vragskip na ʼn meer stabiele houer gepomp, waarna die skip na Kaapstad gesleep sal word.
Lees ook:
Gestrande vragskip lek olie
Foto’s: Vragskip strand by Knysna